'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Net nadat kykers sien op wie hy besluit het, sal daar ’n spesiale episode op kykNET uitgesaai word: Spotify bied aan, Brendan Peyper – Omdat jy mag. In hierdie bonus-episode speel Brendan sy nuwe kort-album, Omdat jy mag,akoesties vir die dames.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Teen ’n romantiese agtergrond in die bosveld bekoor Brendan die dames vir 30 minute met liedjies van dié album, wat op 5 April 2024 op Spotify vrygestel word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Kykers sal ook vir die eerste keer ’n liefdesliedjie hoor wat hy vir ’n deelnemer geskryf het.
Al die nuwe liedjies is Brendan se eie komposisies, en hy vertel waaroor al die snitte gaan en wat en wie sy inspirasie was.
Dié spesiale episode is moontlik gemaak deur Spotify in samewerking met Select Musiek.
Verlede week het Brendan geworstel oor wie hy volgende huis toe moet stuur. Hy het toe uiteindelik besluit dat hy vir Jonelle moet groet.
In vandeesweek se episode ontmoet Brendan die dames se ma’s en hulle peper hom behoorlik met vrae. Die vroue word ook aan Brendan se ma voorgestel en spandeer ’n bietjie tyd met sy vriende en familie.
Skakel Donderdagaand om 20:00 in om te kyk met wie Brendan wegstap en vir watter dame hy ’n spesiale liedjie geskryf het – net op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit is ook op DStv Stream en DStv Catch Up beskikbaar.
Lees ook: Ontmoet die 16 dames wat Brendan Peyper vir Op my Eish! gekies het
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.