Berei die brooddeeg, verdeel dit in 2 dele en voeg die onderskeie bestanddele by die 2 dele. Deur Vickie de Beer. Foto Johan Wilke
Genoeg vir 6 vetkoeke
- die helfte van die bereide brooddeeg (kry die resep hier)
- 6 repies spek, fyn gesny en bros gebraai onder die oondrooster
- 50 g bloukaas
- ’n hand vol vars kruie van jou keuse, ons het tiemie en grasuitjies gebruik
Meng al die bestanddele en hou dit eenkant.
Volg die metode soos by die vy-en-okkerneut-vetkoek (sien onder).
Gedroogde vy-en-okkerneut-vetkoeke
Genoeg vir 6 vetkoeke
- die helfte van die brooddeeg (sien bo)
- 60 g (1/4 k) gedroogde vye, in klein blokkies gesny
- 25 g (1/4 pakkie) okkerneute, ruweg gekap en lig gerooster
- 5 ml (1 t) vinkelsaad
1 Meng al die bestanddele en hou eenkant.
2 Maak die basiese brood volgens die resep hierbo en laat die deeg tot dubbel die grootte rys.
3 Knie terug en verdeel in 2 dele. Knie die vymengsel in die een helfte van die deeg in en die bloukaasmengsel in die ander helfte.
4 Maak vuisgrootte balletjies, sit op ’n meelbestrooide werkvlak, bedek met ’n doek en laat rys weer tot dubbel die grootte.
5 Verhit genoeg olie in ’n kastrol om die vetkoeke in te diepbraai. Druk die bolletjies effens plat en braai tot opgepof en bruin. Dreineer op kombuispapier.
6 Opdiening: Eet die vetkoeke net so, of maak heerlike vulsels soos geroosterde kersietamaties en roketblare, of ’n skyfie bloukaas en ’n paar basiliekruidblare.
Lees ook: