1 Meng die speltmeel en botter in ’n voedselverwerker en verwerk tot dit soos growwe broodkrummels lyk. 2 Voeg die roomkaas en yswater by en verwerk net tot die deeg bymekaarkom - moenie te veel meng nie. Druk die deeg in ’n platterige sirkel uit. 3 Draai in kleefplastiek toe en sit vir 30 min. in die yskas. 4 Voorverhit die oond tot 200 °C. Rol die deeg op ’n skoon werkvlak uit tot ’n dikte van 2 mm. Voer die tertpannetjies met ’n deursnit van 6 cm x 10 cm, of 3 cm x 15 cm eers met die deeg (hou die oorblywende deeg eenkant) en daarna met bakpapier uit. Vul die holtes met blindbakbone of droë rys. 5 Bak die tertjies blind vir 10 min. Haal die bone en bakpapier uit en bak vir nog 5-7 min. 6 Meng die perskes, bessies, frambose, heuning, botter, sout, kaneel en tiemie saam. Vul die tertjies met die perske-en-bloubessie-mengsel. 7 Rol die oorblywende deeg weer uit. Sny patrone soos hartjies en sterre uit die deeg en pak dit op die vrugte uit. Smeer die tertjies met eierglaseersel. 8 Bak vir 15-20 min. of tot goudkleurig en gaar. 9 Sit voor saam met mascarpone of room.