Genoeg vir 24,
Bestanddele
- 375 g bloubessies
- 60 ml (¼ k) strooisuiker
- 30 ml (2 e) suurlemoensap
- 625 ml (2½ k) ongegeurde laevetjogurt
Metode
- Kook die bloubessies, strooisuiker en suurlemoensap vir 10-12 min. in ’n klein kastrol tot stroperig. Haal van die hitte af en laat afkoel.
- Skep die jogurt in ’n mengbak en roer die afgekoelde bessiemengsel liggies deur.
- Verdeel die mengsel tussen 6 yslolliehouers, of ander glasies. Druk houtstokkies in die middel van elke lollie en sit vir 4-5 uur of oornag in die vrieskas.
- Haal ’n paar minute voor opdiening uit die vrieskas en lig versigtig uit die yslolliehouer. Eet dadelik.