‘Bloody Mary’-yslollies met waatlemoen deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gilionelle Kaba. Foto: Lee Schwagele
1 Verwerk die tamaties en sout in ’n voedselverwerker tot glad. Plaas ’n vergiettes oor ’n groot mengbak en voer met ’n skoon moeseliendoek uit. Gooi die tamaties daarin en laat staan vir ’n paar uur of oornag tot al die water uit die tamaties geloop het.'Bloody Mary’-yslollies met waatlemoen
Ingredients
Instructions
2 Verwerk die res van die bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad. Gooi die tamatiesap by die waatlemoenmengsel. Spuit 8 yslollievorms met kleefwerende kossproei.
3 Versprei stukkies van die tamatie en die komkommerlinte tussen die vorms en vul met die tamatie-en-waatlemoen-mengsel. Sit regop in die vrieskas en vries vir sowat 1 uur of tot dit net begin set en druk die houtstokkies in. Vries oornag tot hard.
4 Haal die lollies ’n paar minute voor opdiening uit die vrieskas en wikkel uit die lollievorms.