Neem ’n ring-oase en maak dit effens nat. Besluit op die kleurskema van jou stoep en rangskik met blomme wat daarby sal pas.
Hier het ons op geel en groen besluit (sien foto).
Rangskik die helder kleure aan die binnekant en versier die buitesirkel met ’n vaal groen. Maak seker dat jy dit stewig ophang aan ’n haak in die muur.