kategorieë: TrendsMode

Als wat jy moet weet oor blomkranse

Als wat jy moet weet oor blomkranse deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Blomkranse van toeka tot nou

Van troues, musiekfeeste tot net ’n koffie-afspraak, hierdie kopversiering is al ’n geruime tydjie gewild. Hoewel blomkranse die afgelope paar jaar weer hoogmode is, het bruide aanvanklik hierdie kroon as ’n simbool van romanse, feesviering en vrugbaarheid gedra. Adelikes soos dié uit Griekeland het weer hul dankbaarheid aan voorvaders bewys en oorwinnaars van hul weermag se prestasies vereer deur blom- of blaarkranse aan helde te oorhandig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sedert die jare sestig het blomkranse ’n kenmerk van die hippie-beweging geword en dit was veral gewild by musiekfeeste. Hoewel daar nie ’n spesifieke gedokumenteerde betekenis agter hierdie modegier bekend is nie, beweer modekenners dat die kranse juis in teenstryd teenoor die simbool van troukranse gestaan het – vir die hippies het dit vryheid, onafhanklikheid en sorgeloosheid verteenwoordig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bekende blomkranse

Rembrandt se bekende skildery, Flora, is ’n uitbeelding van sy swanger vrou, Saskia van Uylenburgh, wat ’n blomkrans dra om vrugbaarheid in die aarde en vroue te simboliseer.

Marie Antionette het ’n blomkrans na spesiale geleenthede gedra om haar status as adelike voor te stel.

Frida Kahlo is bekend vir haar meer manlike modestyl en leefstyl vir die tyd, maar na haar troue het sy ook meer tradisionele Meksikaanse vrouemodes aangeneem. Tesame met die swaar borduurwerk op bloese en rokke is haar hare met baie blomme versier wat later deel van haar ikoniese figuur geword het.

Elizabeth Taylor het ’n blomkrans van hiasinte tydens haar troue met Richard Burton gedra.

Die sanger Lana del Rey het oornag bekendheid verwerf vir haar moderne liedjies met ’n “vintage“-gevoel – veral uitgebeeld in haar musiekvideos en kleredrag. Dramatiese blomkranse is kenmerkend aan haar modestyl wat leen by die hippies. Jonger generasies het onlangs ’n belangstelling in hierdie tydperk ontwikkel en daarom glo modekenners dis die rede hoekom hierdie sanger se modestyl so gewild is om na te boots.

Die tydskrif Vogue is bekend vir hulle buitegewone voorblaaie en het sedert die jare sestigs hul voorbladmodelle met blomkranse versier. Jean Shrimpton was een van die eerste Vogue-modelle wat met ’n blomgestalte op die voorblad gepronk het. In 2017 het Elle Fanning met haar porseleinpop-gelaat op die voorblad verskyn met ’n sagte pienk rooskrans en rok van eenderse kleur. Hierdie jaar het die bekende sangers Beyoncé en Rihanna tegelyk op Vogue se September-voorblaaie verskyn. Die Beyoncé-voorblad van die Amerikaanse Vogue het bestaan uit ’n elegant-gekleede sanger in wit met en juweelkleurige blomme wat jou so amper aan ’n Renaissance-skildery laat dink. Die Britse Vogue met Rihanna is kontemporêr, modern en helder. Die sanger is met neonkleurige klere en helder blomme vertoon wat jou die gevoel van ’n tipiese popkultuur-kunswerk gee.

Dra dit so

As jy iemand is wat van helder kleure hou en dikwels ’n bont uitrusting dra, is dit veiliger om jou jou blomkrans neutraal te hou met klassieke kleure soos wit. Jy kan ook een skakering van verskillende blomme dra. Speel eerder met tekstuur en wissel tussen groot en klein blomme.

As jou klerekas uit meer neutrale kleure soos klipgrys, olyfgroen, wit en swart bestaan, kan jy weer rondspeel met bont skakerings in jou blomkrans. As jy egter jou voorkoms volledig klassiek wil hou, sal jy nooit verkeerd kan gaan met die gewilde roomkleurskakerings in blomme soos rose, proteas en fynbos-versierings nie.

Kranse wat uit regte blomme bestaan is meer geskik vir formele geleenthede soos troues, danse en fotosessies. Kopbande met bunsblomme kan jy vir ’n koffie-afspraak en ander informele geleenthede kan dra. Jy hoef ook nie jou hele kop met ’n blomkrans te tooi nie, sommige kopbande het net ’n gedeelte versier wat jy kan draai sodat dit by jou tempel sit en net ’n tikkie kleur en vrolikheid verleen.

Algehele wenk: Kies blomme wat nie te delikaat is nie en wat ’n geruime tyd sonder water kan leef – tulpe, lelies en selfs ligte kleur rose is soms ’n risiko, omdat dit maklik kan pap hang en bruin verkleur en dan slordig lyk. Gewilde blomme is sonneblomme, Baberton-magrietjies en kleiner fynbosblomme. Bind die verskillende blomme saam met blaarstele soos bloekomtakke om die draad weg te steek.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

10 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

20 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.