Skordalia is ’n Griekse knoffelsous wat gewoonlik met brood of aartappels gemaak word. Dié variasie is heerlik en werk goed saam met die lamsvleis.
600 g blomkool, in blommetjies gesny
4 knoffelhuisies, geskil
30 ml (2 e) suurlemoensap
125 ml (½ k) olyfolie
sout
Instructions
1 Stoom die blomkool in ’n bietjie water in ’n middelslag-kastrol tot gaar. Laat afkoel. 2 Verwerk die blomkool, knoffel en suurlemoensap in ’n voedselverwerker of versapper tot glad. 3 Voeg die olyfolie stadig by terwyl die masjien meng – hou die olie ’n entjie bokant die masjien. 4 Geur na smaak met sout.