60 ml (¼ k) fyngerasperde, harde Italiaanse kaas, soos pecorino
60 ml koekmeel
sout
2 eiers, liggies saam met ’n knypie sout geklop
Groenboontjieslaai
250 g groenboontjies, stingeltjies afgesny
sout
150 g kersietamaties, in kwarte gesny
½ rooi-ui, in dun skyfies gesny
30 ml olyfolie
15 ml rooiwynasyn
suurlemoenwiggies en mayonnaise vir opdiening
Instructions
Pak die blomkoolskywe in ’n plat glasbak. Meng die olie, knoffel en suurlemoenskil in ’n klein bakkie en gooi dit oor die blomkoolskywe. Vryf die oliemengsel met jou vingers op die blomkool in. Hou eenkant tot later.
Meng die broodkrummels en gerasperde kaas in ’n platterige bakkie wat groot genoeg sal wees vir al die blomkoolskywe.
Breek die eiers in ’n soortgelyke bakkie en laastens die meel, gegeur met ’n groot knypie sout, in ’n ander.
Verhit intussen ’n middelslagkastrol vol water tot kookpunt, geur met ’n groot knypie sout, blansjeer die boontjies vir 3 min. daarin, dreineer en hou dit onder koue, lopende water vir 1 min. Skep in ’n opdienbak en roer die tamaties en rooi-ui liggies daarby in. Geur met sout en gooi die olyfolie en asyn oor. Laat staan tot jy dit nodig kry.
Verhit intussen die olie in ’n middelslagpan en doop elke skyf blomkool eers aan albei kante in die meel en dan in die eier en laastens in die broodkrummelmengsel.
Braai albei kante oormatige hitte in die pan tot goudbruin en gaar - sowat 6 min. aan ’n kant. Lig uit die pan en dreineer op kombuispapier. Herhaal met die res van die blomkoolskywe. Vee die pan met handdoekpapier skoon en gooi nuwe olie in wanneer die gebruikspan te vuil raak en begin aanbrand.
Sit die schnitzels met die groenboontjieslaai, suurlemoenwiggies en ’n skeppie mayonnaise voor.