Genoeg vir 6
Blomkool-en-quinoa-burger met krakerige koolpiekels
Ingredients
- Kool
- • 60 ml (¼ k) witwynasyn
- • 60 ml (¼ k) water
- • 30 g suiker
- • knypie sout
- • 5 swartpeperkorrels
- • 2 takkies tiemie
- • 2 lourierblare
- • 2 knoffelhuisies, gekap
- • 5 cm-stukkie vars gemmer, geskil en gerasper
- • 1 groen brandrissie, fyngekap
- • 1 klein rooi kool, dun gesny
- Jogurtsous
- • 125 ml (½ k) volroomjogurt
- • hand vol vars koljander, fyn gekap
- • 10 cm-stukkie gemmer, geskil en fyngerasper
- • gerasperde skil van 1 lemmetjie
- Burger
- • 125 g quinoa (kyk by die gesondheidsafdeling van die meeste supermarkte)
- • 15 ml (1 e) olyfolie
- • 1 ui, fyngekap
- • 2 knoffelhuisies, fyngekap
- • 10 cm-stuk vars gemmer, geskil en fyngerasper
- • 5 cm-stuk vars borrie, fyngerasper (kry vars borrie in die groenteafdeling van die meeste supermarkte) of 5 ml borriepoeier
- • 1 rooi brandrissie, fyngekap
- • 30 ml (2 e) garam masala of kerriepoeier
- • 1 groot blomkool, in blommetjies gebreek
- • hand vol vars koljanderblare, fyngekap
- • 60 ml (¼ koppie) olyfolie
- • 6 volgraanrolletjies, middeldeur gesny en liggies gerooster
- • hand vol Engelse spinasie of krulkool
Instructions
Koolpiekels
1 Bring die witwynasyn, water, suiker, sout, swartpeper, tiemie, lourierblare, knoffel, gemmer en brandrissie in ’n kastrol tot kookpunt.
2 Haal van die hitte af.
3 Meng die piekelmengsel deur die kool. Hou eenkant.
Jogurtsous
4 meng die jogurt, koljander, gemmer en lemmetjieskil in ’n mengbakkie. Geur met sout en swartpeper.
5 Voeg die quinoa by 375 ml water in ’n kastrol. Geur met sout. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 15-20 min. of tot gaar. Dreineer en hou eenkant.
6 Braai die ui, knoffel, gemmer, borrie en brandrissie in verhitte olyfolie ’n groot pan oor matige hitte. Voeg die garam masala en blomkool by en braai vir nog 10 min. Geur met sout en swartpeper.
7 Verwerk die blomkoolmengsel en quinoa in ’n voedselverwerker tot net-net gemeng – wees versigtig dat jy dit nie te veel meng nie.
8 Verdeel die mengsel in 6 frikkadelle.
9 Verhit die olyfolie oor matige hitte en braai die frikkadelle vir 5 min. aan elke kant of tot goudkleurig.
10 Skep die burgers op die broodrolletjies en sit voor met die koolpiekels, spinasie en jogurtsous.