'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Ek luister hulle so. Dié wat kerm, kla, sug en steun. Want volgende week begin die vierde kwartaal: besige kinders, besiger ma’s, besigste huishoudings … Dagboeke, lysies, spertye – op die yskas, langs die bed. Dis daardie tyd van die jaar – twaalf weke dan is dit Kersfees. Twaalf weke waarin daar ’n hele jaar se werk moet klaar. Twaalf weke dan is 2016 net nóg ’n jaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Twaalf weke …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }In dié harwar blink hul oë – twee vroue in my lewe. Hul lewe is een van deernis en dankbaarheid. Want dié jaar, terwyl die res van ons van skoolvakansie tot skoolvakansie oorleef, kerm, kla, sug en steun, is elke dag ’n nuwe avontuur. ’n Dag waarop hul al jare wag; ’n dag waarop hul die kinders in hul huis stywer vashou, lief en liewer het. ’n Dag waarop hul mekaar leer ken. ’n Dag waarop ander se kinders hulle s’n word.
Want dié jaar, in 2016, het hul droom om ’n kind ’n huis en hawe te gee ’n werklikheid geword.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ter wille van hulle en hul kinders kan ek nie te veel sê nie. Wat ek wel wil sê, is dat ek in bewondering kyk en luister. Hoe natuurlik die lewe aangaan, hoe die basiese die belangrikste word. ’n Skoon lyfie, die regte kos, ’n warm bed, ’n roetine, elke dag se daar wees, ’n Mamma en Pappa wat my Mamma en Pappa is. Liefde, en dit in oorvloed. Vir altyd.
Deernis en dankbaarheid.
Dan luister ek na myself, en soms na die ma’s om my heen. Skaam jou, tik ek myself oor die vingers as ek die dagboek beloer, kyk hoe my kinders se lewens rigting kry en in die proses my eie lewe uitdaag om ’n tweede, derde en selfs vierde plek in te neem.
Ek kry skaam oor my seun wat so graag met my wil praat dat hy sy vraag op ’n wit bord skryf en voor my hou terwyl ek die soveelste na-ure oproep van die kantoor beantwoord sonder om hom ’n kans te gee om te vra wat hy so graag wil vra. Ek betrap myself dat ek aan ander goed dink as my dogter opgewonde ’n nuwe haarstyl kom wys wat sy met haar sewejarige vingertjies op Barbie se kop bewerk het.
Waar’s die deernis en dankbaarheid?
Dis daar, dink ek later tussen slaap en wakker as ek eindelik tot stilstand kom in die bed waaroor ek al van vroegmiddag af droom. Dis daar. Belowe dan vir myself:
Twaalf weke dan is dit Kersfees. Dié jaar gaan ek lysieloos leef. Minder dae en ure tel. Probeer rek wat ek kan rek om volsinne met my kinders te praat. Omdat ek hulle van kleintyd af het. Met deernis, en dankbaarheid.
Tot ons weer gesels,
Marí
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Lewer sowat 9 kranse Bestanddele 100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…
Hierdie webwerf gebruik koekies.