Bloemfontein KANSA-tee foto’s 2018. Foto’s deur Carine Botha – Meraci Photography
Sowat driehonderd Vrystaters het dié keer by die pragtige Kopano Nokeng naby Bloemfontein saam met rooi rose en KANSA gekuier en die lewe op die spesiale oggend gevier.
Die tema vir vanjaar was “inSPARasie” en die gasvroue het die tema uitstekend uitgebeeld, en soveel van ons kon met hope inspirasie huis toe gaan.
Ons sê baie dankie vir elke borg, gasvrou, helper, álmal wat ’n rol in die sukses van die dag gespeel het. Sonder julle sal die jaarlikse KANSA-tee nie van krag tot krag kan gaan nie. Ons sien uit daarna om volgende jaar weer saam te kuier.
Fotograaf: Carine Botha – Meraci Photography