Bloemfontein KANSA-tee 2019: Loer na ons foto’s! foto’s deur Mariska Venter @ Colour Photography
Kuier in die Rosestad
Sowat vierhonderd gaste het op 14 September vanjaar op die Monte Bello-landgoed naby Bloemfontein saamgekuier vir ons jaarlikse Kansa-tee in samewerking met Spar.
Die tema vir vanjaar was “Blom in Volkleur” en die gasvroue het uitgehaal en gewys en die onthaalsaal in ‘n kleurryke blomtuin omskep.
Die gewilde televisieaanbieder Rozanne McKenzie was die seremoniemeester wat die dag gelei het, en skrywer Madelein Rust het ons meer vertel van die pad wat sy met kanker gestap het en hoe dit haar lewe verander het. André Schwartz het die dag op ‘n hoë noot afgesluit met sy bekoorlike stem en met liedjies wat ons almal ken en kon saamsing.
Dankie aan elke borg, gasvrou en helper wat bygedra het tot hierdie suksesvolle dag. Dit het ons in staat gestel om weer ‘n tjek aan KANSA te kon oorhandig sodat dié organisasie hul ongelooflike werk kan voortsit. Ons sien uit om volgende jaar weer saam met julle te werk.
Kyk na die pragtige foto’s!
Klik op die foto’s om dit te vergroot en deur te blaai
Baie dankie aan al ons borge en mense wat hierdie spesiale dag moontlik gemaak het!
Naamborg: SPAR Suid-Rand
Borg: Sodastream
Fotograaf: Mariska Venter @ Colour Photography
Plek: Monte Bello Estate
Dekor van VIP-tafels: Grand Room Design
Meubels: Incanda