kategorieë: Blogs

Bloedbroers

Dis gevaarlik as ek oor sport begin dink. Skryf, nóg gevaarliker. Maar dié week pak die nostalgie my beet as dagblaaie begin bespiegel oor óf die neefs Jean-Luc en Daniel du Plessis saam gekies word vir die Stormers-groep vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Cheetahs. Vanoggend weet ons: môre draf die legendariese Carel en Michael du Plessis se seuns uit op Nuweland, nes in die glorieryke  tagtigs toe die WP koning gekraai het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek was ’n tiener van die tagtigs. Een wat met groot oë geluister het na stories van die Du Plessis-familie en ’n niggie se liefde vir broer Michael. Die lewe het sy loop geneem, die liefde het gekwyn, maar die Du Plessis-broers het my pad bly kruis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In 1997 word Carel as Bok-breier gekies. Ek, ’n jong joernalis, kry die kans om weer met ’n Du Plessis te praat. Daardie onderhoud verskyn op 21 Mei 1997 in die dagblaaie, op die dag amper negentien jaar gelede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die storie is die storie, maar dis die foto wat dié week met my praat. ’n Foto wat saam met ander met wie my pad oor die jare gekruis het in ‘n raam in my tuiskantoor hang. ’n Jong Carel met sy vyftien maande-oue Lara op die een arm, en die driejarige Jean-Luc in die ander. Die einste Jean-Luc wat deesdae ‘n Stormers-trui oor sy kop trek. En ’n Springbok-rugbybal  tussen hulle op die grond.

Die blondekop-seuntjie het op die dag van die onderhoud breër en soeter geglimlag as sy skaam pa. En Carel het tussendeur vertel dat sy kinders nie aldag so soet is nie. Want kort na die voltooiing van hul splinternuwe Kaapse huis het Jean-Luc ’n saag beetgekry en aan die naaste venster begin saag. “Dán word ’n pa beproef,” het Carel vertel, terwyl hy met ’n knipoog vir sy seun kyk en sê: “Ongelukkig ruil ek nog doeke om. Maar my dag vir koffie in die bed sal nog kom. Al is dit vyfuur in die oggend. Of hoe, Jean-Luc?” En ek wonder: dra Jean-Luc al vir Carel koffie bed toe aan?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Môre speel twee neefs saam op Nuweland, twee pa’s sit waarskynlik iewers op ’n paviljoen of agter ’n TV vasgenael. Bloedbroers.

In ’n ander storie pak twee broers (dalk meer?) die uitmergelende Comrades eerskomende Sondag. Sê die een in ’n WhatsApp gister: “Dis hoe jy hom hardloop, tree vir tree.” Met die wete dat sy broer dieselfde doen, iewers in die skare wat die naweek op Durban en omstreke toesak.

My oog vang ’n prentjie op Pinterest:

Regels voor broers . . .

Samen leuke dingen doen

Elkaar helpen as het nodig is

Naar elkaar luisteren

Zonder te oordelen

Lachen tot de tranen

Over je wangen rollen

Elkaars beste vrienden zijn

Onvoorwaardelijke liefde

Ek wonder of dieselfde geld vir bloedbroers? Dalk, dalk nie. Maar dié naweek beslis – as hulle vir dieselfde span speel en dieselfde ultra-marathon voltooi. Soos broers: samen leuke dingen doen, elkaar helpen as het nodig is . . .

Tot volgende week,

Marí

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.