Dis amper sulke tyd. Met die skole eindelik toe is ons reg om 2014 se stof van ons voete te skud en die nuwe jaar te pak. Daar’s net nog een hekkie . . . of dalk twee, drie . . .
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“As hulle hul nie gedra nie, mekaar in die hare vlieg of enige spanning veroorsaak pak ek my tas. Ek kom huis toe,” sê my universiteitsvriendin oor haar voorhekkie. Sy’s einde-van-die-jaar-bleek, het nou genoeg gehad. “Selfs die dominee het Sondag daaroor gepreek. Dis my vakansie ook.” Reg vir die stil struweling, is sy.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Só stap familie tydig (en ontydig) oor die Kersdrumpel, ons maak Krismisbeddens vir kriewelende kinders, eet uit Ouma se pruttende potte en verdra skoonpa’s en –ma’s se dikwels ongevraagde raad én daad.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Klop julle nie?” durf ’n broer. “Watwou klop? Dis my ma se huis ook dié,” brom ’n swaer. “Wil iemand bietjie koffie en vrugtekoek hê?” red ’n Ouma. “Kyk hoe sit jou kinders met hul voete op Ouma se bank,” roer ’n suster die pot. “Het Ma nuwe tydskrifte?” maak ’n skoonsuster haarself gemaklik. “Gaan jy nie vir Ma met die koffie help nie?” frons haar man, sak dieper stoel in. “Hier’s nie plek vir meer in die kombuis nie,” sêloer Oupa oor sy bril. “Kry ek ook ’n bietjie koffie?” Nóg ’n broer op nóg ’n bank. Dis sy vakansie ook . . .
Stilweg gefokus meet ons die treë versigtig, seil oor die hekkies, maar trap tóg hier en daar een plat. Dis dáárdie plattrap wat die ritme versteur, jou (en die skare) van balans gooi – jy’s midde-in die wedloop, het geen ander keuse nie. Recover. Fokus. Kry die ritme. Die volgende hekkie moet jy oor.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Iewers in die huis is dit oorlog. ’n Niggie en neef kry stry, ’n broer en suster kies kant, ’n swaer staar na sy koffie, ’n skoonsuster speel wegkruipertjie tussen die tydskrifblaaie. ’n Ouma red, weer. “Kyk, hier’s chocolates in Ouma se laai.” Sy swaai die vredesvlag, kry kake aan die kou. “Kry ons ook chocolates?” ’n Broer kom regop op sy bank, ’n skoonsuster kyk op, ’n swaer glimlag breed, ’n Ouma dra aan – dis húl vakansie ook.
Algaande leert men. Tussen die chaos van eie familie, aangetroudes en aangelaptes herinner Ma my aan oorle Ouma se hekkie-strategie. “Dié dat ek net sê ‘O!’ en vinnig weer die ritme kry,” verklap Ma dan.
Tuis pak ek die tasse ál vinniger in die kar. Opgewarm, my spikes is in. Ek weet: dis die beste wedloop ooit, hekkies ten spyt. Algaande leert men. Bloed en water. Dis hoe dit moet wees. Nóú wil ek niks anders hê nie.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.