Resep deur Vickie de Beer. Foto Lee Schwagele crphotographic.co.za
Bestanddele
Spesery geroosterde groente
- 1 t (5 ml) fyngekapte knoffel
- 1 t (5 ml) komyn
- 1 t (5 ml) vinkelsaadjies
- 1 t (5 ml) koljandersaad
- ½ t (2,5 ml) gerookte paprika
- ½ k (125 ml) olyfolie
- 1 groot patat, skoongeskrop en in blokke opgesny
- 6-8 babawortels
- 3 rooi-uie, in kwarte gesny
- 1 blomkool en 1 broccoli, in blommetjies gesny
- 3 e (45 ml) olyfolie
- 400 g haloumi, in 3 cm-blokke gesny
- ¼ k (60 ml) elk pampoensaad, sonneblomsaad en gevlokte amandels
Spek en groente quiches
Bêre vir 2 dae in die yskas in ’n digsluitende houer.
Metode
Spesery geroosterde groente
- Verhit die oond tot 200 ˚C.
- Meng die knoffel, komyn, vinkel, koljander, gerookte paprika en olyfolie in ’n groot mengbak.
- Voeg die groente by die spesery-olie, meng goed en skep in ’n groot oondpan.
- Rooster die groente vir 30-40 min, of tot gaar. Voeg die haloumi en saadjies by as daar 10 min. van die roostertyd oor is.
- Haal uit en laat afkoel voordat jy dit vir die week in ’n digsluitende houer bêre.
Spek en groente quiches
- Verhit die oond tot 180˚C. Sit 6 repies spek op ’n bakplaat en bak vir 10 min. tot gaar (nie bros nie).
- Spuit ’n muffinpannetjie met 6 holtes met kleefwerende kossproei.
- Meng 3 liggies geklitste eiers, ¼ k (60 ml) room, 1 k (grof gekapte) van die geroosterde groente (*sien resep bo) en ’n hand vol gekapte vars basiliekruid in ’n mengbak. Geur met sout en swartpeper.
- Vou ’n spekrepie in elke holte en vul elke holte ¾ met die eier-en-groente-mengsel. Bak vir 15-20 min. of tot gaar.