Instructions
Blitsidee 1
Geroosterde pynappel met brandewynbotter
Genoeg vir 6:
- Meng 125 g sagte botter, 45 ml (3 e) brandewyn, 30 ml (2 e) bruinsuiker.
- Rol in waspapier toe en verkoel tot benodig.
- Skil ’n pynappel en sny in die lengte middeldeur. Sny in elke wiggie kepies van 1 cm uitmekaar.
- Smeer die helfte van die botter in die kepies.
- Braai in ’n knyprooster oor matige kole tot die botter smelt.
- Smelt die res van die botter en verf oor die skywe terwyl hulle braai.
Blitsidee 2
Maak ’n roerbraaimarinade
- Meng 60 ml (¼ k) pynappelsap, 30 ml (2 e) sojasous, 2 cm gerasperde vars gemmer, 1 gekapte knoffelhuisie, ’n knypie sout en peper.
- Meng alles en voeg by die roerbraai.
Blitsidee 3
Maak ’n salsa
- Sny ’n halwe pynappel in klein blokkies, voeg ’n klein, fyn gekapte rooi ui en ’n hand vol gekapte vars kruisement en ’n hand vol koljander by.
- Verwyder die pitte van ’n rooirissie en kap fyn, voeg by en meng goed.
- Meng die salsa deur 250 g pangebraaide garnale vir ’n lekker somerslaai.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }