Blitsidees met perskes

Gebakte perskes met klapper en amandel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6-8.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  1. Verhit die oond tot 200 °C.
  2. Sny 6 perskes middeldeur en sit op ’n bakplaat. Rooster vir 10-12 min. tot amper sag.
  3. Meng 1 styf geklitste eierwit, 30 ml (2 e) versiersuiker, 125 ml (1/2 k) amandelvlokke en 125 ml (1/2 k) klapper en skep bo-op die perskes.
  4. Bak vir nog 5-7 min. tot goudbruin.
  5. Sit met roomys en vars kruisement voor.

Nog perskeplesiere

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Panbraai halwe perskes in gelyke hoeveelhede botter en heuning tot karamelkleurig.
  • Posjeer 7-8 perskes in 600 ml water, 500 ml suiker en skil van 1 suurlemoen tot nét sag. Sit met dubbeldik-room voor.

Geurpasmaats

Gerookte vark, kruisement, jogurt, grenadella, lemoen, heuning, mango, bessies, pynappel, lemmetjie, amandel, kaneel, gemmer, brandrissie.

Koop só

Kies ferm vrugte met ’n soet geur en geen sigbare kneusplekke nie. Namate die vrug verouder, sal die vel vol rimpels word. Skil dié vrugte en stowe vir ander gebruike.


Bêre só

Haal die perskes uit die verpakking en hou by kamertempertuur. Sit ook van die vrugte op ’n laag kombuispapier in die groentelaai van die yskas om die rypwordingproses te vertraag. Perskes en nektariens kan gevries word en later in stowegeregte gebruik word.

Maak só

Sommige perskevariëteite het ’n lagie sagte haartjies. Vee die vrug met ’n droë lap om die haartjies af te vryf en spoel dan onder lopende water af. Sny middeldeur en draai in teenoorgestelde rigtings om van die pit los te maak. Gebruik die halwes of sny in skyfies.

Gebruik só

Eet die vrug sommer so van die pit af, of sny in skyfies in slaaie.

  • Die lekkerkry van somer is in een geurige vrug saamgevang met sap wat spat en ’n amperse surigheid op die tong.
  • Perskes is die wollerige soort steenvrug met die helder, sappige vlees. Nektariens is verwant aan perskes maar het ’n gladde skil en effense suurder geur.
  • Die vrugte is ryk aan vitamien A en C, hoog in vesel, kalium, yster en magnesium.
  • Droëperskes is peuselkos vir vinnige energie.
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Pistasieneut-en-bosbessie-nougat

Genoeg vir 5 stafies.   Bestanddele   2 velle ryspapier 125 ml (½ k) heuning…

3 days Gelede

Kinders verveeld? Hou hulle gelukkig en besig by hierdie Kaapstad-bestemmings

Baie van ons het verlede jaar ‘n klomp lesse geleer het, maar dit beteken nie…

3 days Gelede

Vinnige varkworsies op pasta

Koop 12 goeie varkworsies en druk die vleis uit die derms vir vinnige frikkadelle.  …

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die mooimaakprogram ‘Stralend’ se Fafa de Klerk

Wanneer jou selfvertroue wankel en jy jou glans verloor, kan ’n bietjie hulp van kundiges…

3 days Gelede

Mexikaanse eiers

Mexikaanse eiers   Genoeg vir 4.   Bestanddele   30 ml (2 e) avokado-olie +…

3 days Gelede

Nektarientert

Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense.   Bestanddele   Deeg 350 g koekmeel 60 ml (¼…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.