Appelliefde Bekoorlike appelliefies of pompelmoertjies is heerlik vars in die somer. Die oorsprong van die naam verwys moontlik na dié van tamaties as “liefdesappels”. Eens is geglo dat hulle genesende eienskappe het - in die sestiende eeu het slagoffers van die pes appelliefies geëet om hul koors te breek. Die liefies is wel ryk aan vitamien C en A en vesel. Koop só Jy kan appelliefies koop wat reeds skoongemaak is, of dié in hul fyn, droë lantern-omhulsels. Koop ferm bessies sonder kneusplekke. As jy nie kan sien wat in die lanternhuisies aangaan nie, kies houers sonder tekens van sap op die boom. Mooi nuttig Appelliefies is nie net gepas vir konfyt en terte nie - ontdek nuwe pasmaats by varkvleis en emmentaler, of Simonsberg se Simonzola en 12 maande beleë cheddar. Bêre só Vries die vruggies met gemak vir tot ’n maand lank, of hou met hul omhulsel vir sowat ’n week in die yskas.Blitsidee vir appelliefies
Ingredients
Instructions