1 Verhit die oond tot 160 °C. 2 Sny die bokante van 8 eiers met ’n geriffelde mes af. 3 Gooi die eiers in ’n mengbak uit en was die doppe deeglik uit. 4 Meng die eiers met 125 ml parmesaan en 125 ml room. 5 Maak die doppe in die kar-toneierhouer staan en gooi die eiers terug in die doppe. 5 Sit die eiers in die kartonhouer in ’n diep oondpan. 6 Gooi genoeg water in die pan sodat die eiers halfpad bedek is. 7 Bak vir 20-30 min. of tot die vla geset is.