Blitsidee met bloubessies

  • Kook 250 ml (1 k) bloubessies, 5 ml (1 t) balsemiekasyn en 15 ml (1 e) water in ’n kastrolletjie tot stroperig.
  • Laat afkoel.
  • Voeg 30 ml (2 e) olyfolie by en geur met ’n tikkie sout en peper.
  • Sit as slaaisous voor saam met soetsuur varkfilet en kruieblaartjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bloubessies se geskiedenis

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die blouswart, plomp bessies het ’n soet geur en effense suur smaak. Hulle is heerlik rou, maar selfs lekkerder wanneer hulle gaargemaak word. Bloubessies word veral in die George-omgewing verbou en Suid-Afrika is een van die grootste produsente in die Suidelike Halfrond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Koop só

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die vruggies moet ferm en nie gekneus of verrimpel wees nie, en veral nie suur of muwwerig ruik nie. Vermy pakkies met sapperigheid onderin, want dit dui op ’n slegte bessie(s) wat ander kon “aansteek”. Die bessies het ’n natuurlike silwer laag wat hulle teen die son beskerm en aandui dat hulle vars is.

Bêre só

Die bessies kneus maklik, hanteer hulle maar versigtig. Die vruggies bly vir ’n paar dae vars in die yskas, of vries hulle en gebruik later vir souse of gladdejantjies (smoothies).

Gebruik só

Bak in terte of kolwyntjies, meng met jogurt vir ontbytdrankies, of gebruik as kleurryke sous saam met romerige kaaskoek. ’n Gestoofde bloubessiesous is heerlik saam met eend.

Geurpasmaats

Room, suurroom, wildsvleis, lemmetjie, suurlemoen, amandel, sjokolade, kaneel, kruisement.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.