Meer dikwels as nie, het vintage klere geen was instruksies nie. Dit is dus belangrik om jou tipes materiale te ken. Katoen, nylon en polyester items is maklik wasbaar, sowel as sekere sy en rayon mengsels. Egte wol-items moet verkieslik droogskoonmakers toe gestuur word (veral jasse) om te verseker dat die wol nie rek nie. Klere met kralewerk, fluweel, leer of pels moet verkieslik ook deur droogskoonmakers gewas word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Items wat wel gewas kan word moet verkieslik met die hand gewas word en een-een op ‘n slag. Ek vind ook dat gastehuis shampoo sakkies baie goed werk, dit is sagter op die materiaal as gewone wasgoed seep.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Indien jou items vlekke op het, is dit beter om die vlek te behandel alvorens jy dit was. Meng wasgoed seep tot ‘n dik pasta en plaas op die vlek, die vlekke behoort uit te kom.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Seep is baie skadelik vir delikate items. Daarom is dit belangrik dat jy seker maak jy spoel al die seep uit jou items uit.
Moet onder geen omstandighede jou vintage kopies in die tuimeldroër droogmaak nie. Nie net is dit skadelik vir jou artikels nie, maar dit kan ook jou items laat krimp. Vintage items moet verkieslik in natuurlike lig gedroog word, vermy egter vol son.
Vintage items moet nooit aan draadhangers gehang word nie, dit verniel die materiaal. Wol-items moet ook netjies opgevou en gestoor word op ‘n rak met tissue papier tussen die verskillende items. Items wat slegs op spesiale geleenthede gedra word kan in tissue papier toegedraai word en in spesiale sakke gebêre word.
Deur gebruik te maak van die bogenoemde wenke, sal jou vintage items nog pragtig lyk teen die tyd wat die vintage gogga jou kleinkinders gebyt het!
Tot volgende keer,
Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense. Bestanddele Deeg 350 g koekmeel 60 ml (¼…
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf. Dié aantreklike plaasseun en safarigids van Simmenau, sowat…
Hierdie beduidende kontantvoordeel word volgens die AVBOB-raad se goeddunke uitgereik en is die sesde spesiale…
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Hierdie webwerf gebruik koekies.