1 Sny 2 eiervrugte in ringe. Pak op ’n bakplaat uit. Sprinkel 15 ml (1 e) avokado-olie oor en geur met sout. Rooster tot goudbruin, draai eenkeer om. 3 Verhit 15 ml (1 e) avokado-olie in ’n pan oor matige hitte. 4 Voeg 7,5 ml (1 ½ t) kaneel by 1 kg basiese bolognaise en gooi ’n blikkie lensies by. 5 Pak die bolognese en eiervrugskywe in lae in ’n oondvaste bak met ’n inhoudsmaat van 2 liter. 6 Meng 250 ml (1 k) dubbeldikjogurt, 1 groot eier en 100 g fyn gekrummelde fetakaas met kruie. 7 Gooi oor die bolognese en bak vir 25 min. in ’n voorverhitte oond van 180 °C, of tot goudbruin.