Genoeg vir 4
• 60 ml (¼ k) olyfolie
• 1 pakkie (500 g) klaar gesnyde sopgroente, of 2 wortels, 2 uie (geskil), 2 preie (gewas) en ’n bossie seldery, ruweg gekap in ’n voedselverwerker, of gerasper.
• 2 x 410 g-blikkies heel, geskilde tamaties
• Bouquet garni van: 3 lourierblare, ’n bossie tiemie en ’n bossie pietersielie, saamgebind
• sout en gemaalde swartpeper
• 1 liter hoenderaftreksel
• 1 x 410 g-blikkie botterbone
• 1 x 410 g-blikkie lensies
• hand vol pietersielie
• 6 beesworsies
1 Braai die wortels, uie, preie en seldery in die verhitte olyfolie in ’n groot, diep kastrol tot bruin.
2 Voeg die tamaties saam met die sous by en druk fyn met ’n vurk.
3 Voeg die bouquet garni en aftreksel by en laat vir sowat 20 min. kook. Geur na smaak.
4 Braai intussen die worsies in ’n pan met ’n bietjie olyfolie tot gaar. Sny in stukkies.
5 Voeg die bone en lensies by en roer die pietersielie en worsies deur. Sit voor met plaasbrood.