kategorieë: TrendsBekendesMode

Blink, bont en besonders by die 81ste Golden Globes

Blink, bont en besonders – dit was die 81ste Golden Globes op die rooi tapyt.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Blink

Van sagte sy tot dramatiese blinkers. Eenvoud word opgekikker met verskillende teksture soos die pak van Timothée Chalamet. Hiermee bewys hy hóé mooi ’n swart pak kan wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Blinkers was verlede jaar reeds hoogmode, maar sterre soos Taylor Swift en Oprah het bewys dat díe tendens vanjaar nóg groter gaan wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bont

Blom-elemente is beslis ’n tydlose modetendens, Heidi Klum en Selena Gomez het die styl weer laat vlamvat met dramatiese kleurskakerings en tekstuur.

Margot Robbie en Jennifer Lopez het bewys dat die Barbie-era nog nie verby is nie en dat pienk skakerings enige vrou komplimenteer.  Helen Mirren se pers rok het haar ook laat straal van vroulikheid.

Besonders

Alhoewel vanjaar se mode-inspirasies ongewoon was, was krale-afwerkings en klassieke halslyne soos die V-halslyn en die elegante oopskouerrok steeds ’n gunsteling. Snitte soos die noupassende lyfrokke was oral te sien en balrokke het teruggekeer, wat 2024 op ’n dramatiese noot afskop. Hoewel balrokke met die prinsesstyl geassosieer word, is die snit gemoderniseer met ’n hoë A-halslyn, oop skouers en afgewissel met moderne, blink bykomstighede.

Strik-elemente was hierdie jaar ook ’n gunsteling. Sterre soos Reese Witherspoon en Amanda Seyfried se eenvoudige rokke is afgerond met groot strikke wat hul skouers en bo-lywe pragtig komplimenteer.

Lees ook: Ontmoet die 16 dames wat Brendan Peyper vir Op my Eish! gekies het

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…

51 mins Gelede

Groot feesmakietie in die volstruisdorp

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Hans van Veen      Die 29ste KKNK, geborg…

1 hour Gelede

‘Die Brug’ is terug! Wat wag in die tweede seisoen?

Die brug is amper hier!   Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke…

19 hours Gelede

Middeljare: Krisis of keerpunt?

Deur Maretha Botes     In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…

22 hours Gelede

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

1 day Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.