Blind én outisties, maar dit hou hom nie terug nie – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Rexfeatures/Greatstock
Die wêreld is in rep en roer oor Kodi Lee se emosionele uitvoering in die 14de seisoen van America’s Got Talent (AGT). Gedurende die première-episode het die 22-jarige sanger, wat blind is én outisme het, miljoene kykers van regoor die wêreld in trane gelaat. Kodi het sy weergawe van Donny Hathaway se liedjie “A Song for You” foutloos uitgevoer, ’n staande applous van die gehoor en beoordelaars ontvang en daarmee saam boonop Gabrielle Union se eerste Golden Buzzer (en die eerste een van dié seisoen) ontvang.
View this post on Instagram
Na ses seisoene het die beoordelaars, Heidi Klum en Mel B America’s Got Talent verlaat. Hulle word in die nuwe seisoen vervang deur die aktrise Gabrielle Union en die danser Julianne Hough, wat ook tevore ’n beoordelaar op Dancing With The Stars was. Verder is daar ook in Desember 2018 aangekondig dat Tyra Banks haar rol as gasheer (seisoen 12 en 13 van AGT) verlaat. Sy word weer vervang deur die akteur en voormalige NFL-speler, Terry Crews.
View this post on Instagram
Gabrielle Union het in die première-episode van America’s Got Talent – wat op 28 Mei 2019 op NBC gewys is – haar eerste Golden Buzzer vir Kodi Lee gebruik en só een van die mees emosionele oomblikke in die AGT-geskiedenis geskep. As jy nog nie Kodi Lee se hartroerende oudisie op America’s Got Talent gesien het nie, kan jy hier daarna kyk:
View this post on Instagram
Nuus oor Kodi se uitvoering en sy ongelooflike sangvaardighede het soos ’n veldbrand versprei, en hy het duisende gelukwense en boodskappe van aanhangers van regoor die wêreld gekry. Simon Cowell het gesê dat hy daardie oomblik (Kodi se opvoering) vir die res van sy lewe sal onthou. En hope bekendes insluitende Oprah Winfrey, Ellen DeGeneres, Calum Scott en Donny Osmond het via Twitter na die sanger uitgereik om hom geluk te wens met ’n wonderlike oudisie.
Loved this moment so much??????! Stood up and cheered in my living room. #KodiLee #AmericasGotTalent https://t.co/oRRAbH3mO0
— Oprah Winfrey (@Oprah) May 29, 2019
This is why I love #AGT. https://t.co/PzhaNdzyHP
— Ellen DeGeneres (@TheEllenShow) May 29, 2019
The language of music knows no bounds. @Kodileerocks, thank you for sharing your gift with all of us. You are a true inspiration. As @itsgabrielleu said, “You just changed the world.” ⭐⭐⭐ https://t.co/UAiss3ufDa
— Donny Osmond (@donnyosmond) May 29, 2019
I am sobbing and speechless. What an absolute superstar you are @Kodileerocks with a rockstar voice and a VERY proud mother. That is an audition people will remember forever and I am honoured to have had ‘You Are The Reason’ immortalising that moment. Thank you @AGT @SimonCowell https://t.co/7Vp9m9jlNs
— Calum Scott (@calumscott) May 29, 2019
Sometimes I find American TV cheesy, this however is one of the most beautiful bits of TV I think I’ve ever seen. Kodi you are incredible and your lovely mum looked so incredibly proud. Loads of love
— Louis Tomlinson (@Louis_Tomlinson) May 29, 2019
This is why I joined @agt.
This is why you should allow yourself to feel.
This is @KodiLeeRocks moment, I am honored to be a small part of it.#AGTPremiere— Julianne Hough (@juliannehough) May 29, 2019
In reaksie op al die liefde en ondersteuning wat Kodi ontvang het, het hy ‘n spesiale boodskap met sy meer as 29 200 volgelinge op sy persoonlike Twitter-profiel gedeel:
I want to say thank you to all my fans who have been supporting me through my journey!! Heck Yeah @itsgabrielleu chose me as her first #goldenbuzzer #AGT #AGTAuditions pic.twitter.com/tmvy1kMMu0
— Kodi Lee (@Kodileerocks) May 30, 2019
Verder het Kodi op sy Instagram-profiel, waar hy tans meer as 216 000 aanhangers het, ’n foto gedeel waarop Gabrielle vir hom ’n stywe drukkie gee, en daarby geskryf “Heck yeah! Thank you Gabrielle, I love you.”
Gabrielle Union verduidelik waarom sy haar Golden Buzzer vir Kodi Lee gegebruik het, en die gevoel wat sy gehad het tydens sy uitvoering:
Noudat Kodi deurgedring het tot by die live shows, sal dit waarskynlik ’n rukkie wees voordat aanhangers hom weer sien. Die ses voorafopgeneemde AGT-oudisies sal voortgaan op NBC tot en met 9 Julie. Daarna sal dit tyd wees vir die vier “Judges’ cuts”-episodes waarin die beoordelaars moet besluit oor wie tot by die live shows deurdring. Ten slotte begin die lewendige kwartfinaal-episodes op 13 Augustus en sal die tweedelige finale episode op 17 en 18 September op die lug wees.
Wanneer AGT-kykers hom weer sien, is ons seker dat die wag die moeite werd sal wees. Maar intussen kan julle na van sy ongelooflike uitvoerings deur die jare op YouTube kyk.