kategorieë: Reis

Blaaskans by Kedar, Noordwes

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }


Waar ons was

Kedar Country Hotel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging
R565, Rustenburg, Noordwes Provinsie, Suid-Afrika
GPS-koördinate S 25 ‘33’ 3” E 27 ‘7’ 16”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soort akkommodasie
Chalet-tipe kamers wat langs mekaar staan, met klipmure en houtdeure wat jou verwelkom

Tariewe
Bel 0145733218

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Atmosfeer
Landelik, beklemtoon deur die kleurryke son wat agter die berge en bome sak.

Wanneer
3-5 Mei 2013

Waar ons oorgeslaap het
Dit is minder as 2 ure uit Johannesburg, dit was eintlik nie eens nodig om oor te slaap nie

Waar ons geëet het
Ontbyt en aandete word by die Armoury Restaurant bedien

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Ure het verbygegaan terwyl ek met Stoffel en Matilda gesels het. Hulle het nie veel te sê gehad nie, dalk omdat hulle dwerg-seekoeie is?

Wat omtrent die plek of die mense het jou gefassineer?
Al die oudehede in die Paul Kruger Museum. Dit laat jou verbeeliding ver gaan, jy kan insien hoe hulle gelewe het.

Spesiale aanbod
R699 per person, aandete en ontbyt ingesluit. Beskikbaar tot 31 Mei 3013.


Roomys & Matilda.

By Kedar Country Hotel is baie van die onthaalareas met oudhede versier, kosbare versamelstukkies is in kassies en teen mure vertoon. Selfs die Armoury Resturant se mure het oorlogvlae en gewere teen die dak. Maar die restaurant was nie net ‘n vertoonkas nie, die etes was heerlik. ‘n Buffet verseker dat jy net jou gunstelingkos hoef te eet (sommer twee keer!), en om die dag met ‘n kraakvars croissant te begin, is nie te versmaaie nie. In die hoek was daar ‘n kas, ‘n kas met ses houers roomys. Ek het weer soos ‘n kind gevoel!

Vir my was die lekkerste deel van Kedar die seekoeikamp. Hulle het vir Stoffel en Matilda ‘n groot kamp (groot vir twee klein seekoeie) opgestel. Dwalende houtpaaie lei jou deur die kamp, en elke nou en dan is daar ‘n bank om te sit en rus. Die ander wild is nie net op die wildrit te sien nie, maar ook sommer op die grondpad op pad terug na die gebou. Nog nooit het ek so naby aan ‘n kameelperd gekom nie. Spoeg het gespat soos wat hy vir my gekyk en sy gras gekou het.

Net voordat jy terugkeer huis toe, moet daar ‘n draai by die Paul Kruger Museum gemaak word. Dit was sy plaas voordat hy president geword het, en hulle het 5 huise op die erf wat nou as ‘n museum gebruik word. My ma se antiek-versamelaarhart sou bollemakiesies geslaan het. Al was hulle buisies en kassies hoe mooi, is ek nog steeds bly dat ek na my huis met warm water en elektrisiteit kan terugkeer.

Vir meer informasie, bel gerus (0)11 950 6000 of klik op Kedar se webtuiste by www.recreationafrica.co.za/kedar

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Papawersaad-en-suurlemoen-koek

Bestanddele   Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep…

19 hours Gelede

‘Suidooster’ storm voort met hul immergewilde Stomsterk-konsert!

Die kykNET-sepie Suidooster se sterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap.  …

19 hours Gelede

Vyf voetsorgwenke om jou voete tydens jou ouer jare gesond te hou

Daar is ’n ou stukkie Chinese wysheid wat sê: “Jy sterf van jou voete af…

20 hours Gelede

Heerlike kuierkos-spyskaart vir Paasfees

Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…

20 hours Gelede

Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind

Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…

22 hours Gelede

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…

23 hours Gelede