Moet jy kort-kort ’n draaitjie loop?
As jy meer as een keer in elke twee, drie uur moet urineer het jy moontlik ’n blaasinfeksie, dranginkontinensie of ’n siekte soos diabetes. Gaan spreek jou dokter.
Maar sekere kosse kan veral die sensitiewe blaas irriteer.
Hier is die agt dorslessers wat jy liefs moet vermy as jy sukkel met blaasinfeksie:
1. Kafeïen in alle vorms soos koffie en koeldranke met kafeïen
2. Alkohol
3. Nikotien in alle vorms – sigarette, sigare, rooklose sigarette, snuif, snuss
4. Gaskoeldrank
5. Kunsmatige versoeters
6. Sterk gekruide kosse soos kerries
7. Tee
8. Suiker en heuning, en dus soetgoed