WEEK 1
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dié week is vir bestekopname bedoel. Maak jou vir ’n oomblik los van jou gesinsituasie en kyk nuut na jou tiener, jou ouerskapstyl en jouself. Maak notas sodat jy goed kan fokus, maar onthou, hulle is net vir jou oë bedoel!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Jou tiener:
Kry ’n geheelprentjie van jou tiener se belewing deur fyn op te let na wat hy doen, sê en deur sy gesigsuitdrukking en lyftaal wys. Skryf antwoorde op die volgende neer:
Jy – Beantwoord ’n paar vrae oor jou ervaring van ouerskap:
Jou ouerskapstyl – Dink daaroor na:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Daar is drie basiese maniere van doen: opdragte gee en eise stel, ingee en keuses gee. Na gelang van die situasie span ouers al drie in, maar meestal oorheers een. Watter styl het jou ouers gebruik? Watter styl gebruik jy?
Ouers wat opdragte gee, stel streng grense en gee min vryheid. Gedrag word meestal deur straf en beloning beheer en hulle neul, kritiseer, dreig en skree dikwels. Dié styl bou nie wedersydse vertroue en respek nie en die tiener se selfvertroue en vermoë om vir homself te dink kan dikwels daaronder Iy.
Ouers wat ingee, glo dis nutteloos en voel magteloos om kinders te probeer beheer. Party voel dalk skuldig oor te min tyd of ’n egskeiding en probeer met min grense en baie vryheid vergoed. Hierdie kinders leer soms nie respek, samewerking, verantwoordelikheid of selfrespek aan nie. Hulle voel soms die ouers gee nie om nie.
Ouers wat keuses gee, probeer hul kind se verantwoordelikheidsin en selfstandigheid ontwikkel. Die tiener kry toenemend vryheid om self keuses te maak, maar moet met die gevolge saamleef. Hierdie ouers gee en verwag respek.
Die notas wat jy gemaak het, is ’n mond vol. Lees dit dié week elke dag deur en laat dit insink sodat jy meer insig in jou en jou tiener se optrede kan kry. Vra jou af: wat Iê moontlik agter jou tiener se gedrag? Let ook op jou ouerskapstyl.
Ontleed dié week elke dag een problematiese ouer-tiener situasie. Skryf neer wat die prikkel was, wat jy en jou tiener gedoen of gesê het en wat die uitkoms was. Kon jy anders opgetree het – byvoorbeeld ’n keuse gegee of ’n minder verwytende stemtoon gebruik het? As jy jou ouerskapstyl wil verander, is dit ’n praktiese manier om dit te doen. Vóór jy met die vierwekeplan wegspring, moet jy aanvaar dat jou verhouding met jou tiener nie oornag “reggemaak” kan word nie. Jy kan jou kind nie dwing om te verander nie. Jy kan net jou benadering en optrede aanpas. As jy ’n positiewer atmosfeer in die huis skep en doeltreffender kommunikeer, sal jou tiener nader aan jou beweeg – al neem dit lank.
Gee hierdie week ook aandag aan ’n nuwe vaardigheid: om besinnend te luister.
WEEK 2
Wie se probleem:
Dalk het week 1 jou so sensitief vir konfliksituasies tussen jou en jou tiener gemaak dat jy desperaat wens daar was minder van hulle! Jy kán hulle beperk – deur te besef dat party probleme (net) jou kind s’n is. Tieners moet probleemoplossingsvaardighede aanleer. Die veiligheid van die ouerhuis is ’n goeie wegspringplek. Om agter te kom wie se probleem dit nou eintlik is, moet jy die volgende vra:
As die antwoord deurgaans nee is, is dit jou tiener se probleem. As die antwoord op enige vraag ja is, is die probleem joune of albei van julie s’n. Gestel jy hoor toevallig ’n woordewisseling tussen jou sestienjarige dogter en haar vriend. Dit word jou probleem as een van die volgende gebeur: hulle op jou regte inbreuk maak deur byvoorbeeld al harder te praat sodat jy nie kan werk nie, só aggressief raak dat een van hulle kan seerkry, eiendom in gevaar stel deur ornamente te begin rondgooi, of as jou dogter buite haarself raak van ontsteltenis. Tensy dit gebeur, is die stryery jou dogter se probleem.
Moenie inmeng nie, maar wees beskikbaar ingeval sy later met jou daaroor wil praat. As jy wel die (mede)eienaar van die probleem is, moet jy dit met jou tiener bespreek. Hier kom jou vaardigheid om besinnend te luister en ek-boodskappe goed te pas.
Kry dié week ek-boodskappe en die vermoë om te besluit aan wie ’n probleem behoort, onder die knie. Dis lekker om soms liefies te kan se: “Ek is seker jy/julle kinders kan dit self oplos.”
WEEK 3
Natuurlike gevolge:
Ouers voel dikwels dat elke misstop be(s)preek moet word. Dis onnodig. Soms praat die gevolge van tienergedrag só hard dat die ouer maar kan swyg. Soos wanneer ’n kind tot hanekraai partytjie gehou het en die volgende dag die sportterrein moet trotseer.
As daar nie natuurlike gevolge is nie, kan ouers logiese gevolge probeer skep. Pleks van ’n sedepreek afsteek, word die kind vir die herstel van die probleemsituasie verantwoordelik gehou. ’n Ma wie se dogter haar serp sonder toestemming leen en dit verloor, kan ’n tirade lewer en die oortreder vir ’n week hok, of bloot vra: “Hoe beplan jy om my serp te vervang?”
Só ’n benadering is doeltreffender as straf. Dit skei die oortreding van die oortreder en die kind word nie verneder (uitgetrap) nie. Dit skep ’n logiese verband tussen die onvanpaste gedrag en die onplesierigheid wat die kind ervaar. Die kind kan kies wat sy wil doen en kry sommer ook ’n kans om haar kreatiewe vermoëns vir probleemoplossing in te span. Wanneer jy logiese gevolge só gebruik, moet jy bereid wees om die gevolge deur te voer.
As jy gesê het jou kind mag jou motor leen solank niemand daarin rook nie en dit ruik na rook, moet jy voet by stuk hou en ’n tyd lank weier dat sy dit weer leen. ’n Nuttige frase is: “Ek sien jy het besluit om … (eers oor twee weke weer my kar te leen).” Hou jou stem en Iyftaal neutraal wanneer jy dit sê.
Dit kos oefening om logiese gevolge te laat werk. Ontleed dié week drie plofbare situasies. Skryf neer wat jou tiener “gesondig” het, jou reaksie en wat die uiteinde was. Besluit of jy die logiese gevolge goed benut het en of jy konsekwent was. Jy kan jou kind selfs vra wat sy sou gedoen het as sy die ouer was, of wat sy as regverdig sou beskou. Onthou, dis wys om die gevolge in stilte te laat spreek. ’n ” Sien jy nou?” of sedepreek verminder die trefkrag van gevolge.
WEEK 4
Aanmoediging:
Tieners wat goed oor hulself voel, is makliker om mee saam te leef. Om ’n kind met selfvertroue groot te maak, moet jy wys dat jy in hom glo. Onvoorwaardelike liefde, respek en aanmoediging oortuig hom dat hy vir jou kosbaar is. Aanmoediging is ’n eiesoortige begrip: dit is ’n kuns om ’n kind se selfbeeld te versterk, maak nie saak wat die omstandighede is nie. Dis hier waar aanmoediging van aanprysing verskil.
’n Kind word geprys wanneer hy aan sekere eise voldoen het – ’n span gehaal of ’n sekere punt gekry het. Lof word verdien.
Aanmoediging hang nie van prestasie af nie. Wanneer jy jou tiener aanmoedig, fokus jy op ’n poging, nie op die eindproduk nie, of jy waardeer haar vir wat sy is, nie vir wat sy (goed) kan doen nie. Jy sê byvoorbeeld: “Ek weet die wiskunde is moeilik, maar ek sien jy vorder goed,” of “Kies self, ek vertrou jou oordeel,” of “Ek sien dié wasbak vol skottelgoed kry jou nie onder nie.”
Frases wat goed werk, is “Dankie” en “Dis lekker”, soos: “Dankie dat jy die tyd afstaan om my te help,” of “Dis lekker as jy saamry.” Prys jou tiener gerus wanneer jy die kans kry, maar moenie daarmee volstaan nie. Vestig dié week ’n nuwe gewoonte: om jou kind daagliks sy dosis aanmoediging te gee – plus ’n drukkie, al druk jy net sy skouer.
Lees ook: Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.