Bill Granger se ryk piesang-karamelpoeding deur Vickie de Beer
6 porsies
Bestanddele:
- 150 g (1 k) koekmeel
- 110 g (½ k) strooisuiker
- 1 ml (¼ t) sout
- 15 ml (1 e) bakpoeier
- 1 groot ryp piesang, fyn gedruk
- 200 ml (¾ k +1 e) melk<
- 85 g (90 ml) botter, gesmelt
- 1 eier, liggies geklits
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
Sous:
- 200 g (¾ k) Selati Muscovado (of sagte bruinsuiker)
- 60 ml (¼ k) goue stroop
- 250 ml (1 k) kookwater
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ’n ronde, oondvaste bak met ’n inhoudsmaat van 1,5 liter met botter of spuit met kleefwerende kossproei.
- Sif die meel, strooisuiker, sout en bakpoeier saam in ’n groot mengbak. Voeg die piesang, melk, botter, eier en vanielje by en meng goed. Giet die beslag in die oondvaste bak en hou eenkant.
- Verhit solank die bruinsuiker, goue stroop en ’n koppie kookwater oor matige hitte tot kookpunt.
- Giet die sous versigtig oor die agterkant van ’n eetlepel oor die beslag en bak vir 30 – 40 min. tot goudbruin. Haal die poeding uit die oond en sit voor met vla of vanieljeroomys.