Dis 19D, hoor ek haar. Ek sit in 19C en is dadelik verlig dat die lywige jong vrou nie styf langs my moet in nie. Skaam jou, betig ek myself.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Met haar inskuif in die sitplek weet ek: hier’s moeilikheid. Groot moeilikheid; 19D kreun. Uit die hoek van my oog sien ek hoe die armleuning van haar sitplek beswaar maak en opwip. Sy skuif haar sitvlak agtertoe; ek sien haar bene knel en bult. Die armleuning protesteer weer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Sy kyk af en trek haar klere reg soos, wel, soos hulle dit doen. Groot vroue. Vet vroue. Vat die hemp onder vas, en gee dit ‘n pluk of twee hier om die maag langs net sodat die rolle nie te sigbaar is nie. Trek dan die twee baadjiepante na mekaar toe om die bultende massa verder te verbloem. Al weet sy (en ek) die baadjie se knope kan lankal nie meer toe nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Buurvrou trek die blou sitplekgordel oop, skuif die gespe tot op sy maksimum lengte. Besef dan dít gaan nie werk nie. Druk die knoppie en gou is die haastige lugwaardin daar. Sy knik, is simpatiek en bring ‘n verlengstuk. Uit die hoek van my oog sien ek Buurvrou se jong hande bewe. Die verlengstuk maak dit net-net om haar middellyf. Dan kyk sy op, maak seker niemand kyk nie. Vas in my starende blik. “So ja,” sug sy. Daar’s druppels sweet tussen die slierte op haar voorkop, sien ek en wil-wil ‘n lappie aanbied om dit af te vee. Bedink myself.
My lywige buurvrou sit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Dis alles die Chinese se skuld,” hoor ek. Ek kyk op, Buurvrou praat met my. Ekskuus? “Dis die Chinese se skuld. Klere is kleiner, karre is kleiner, vliegtuie is kleiner. Dis die Chinese se skuld.” Ek snap.
Jy jok, dink ek.
Te veel kos. Te min oefening. Te min slaap. Te veel werk. Te veel stres. Te, te, te, te en te. Dis te se skuld.
Ek voel skuldig en vra uit. Sy’s 34, getroud, wil kinders hê, kan nie, is ambisieus, werk 14 ure per dag. “Ek’s ‘n vet, vrolike vrou. Vet, vetter, vrolikste . . . ” kom die laaste sin. Vang my weer onkant, dié opgewekte mond, hartseer oë.
Jy jok, dink ek en kyk anderpad. Ek’s klaar gepraat.
Tuis kan ek nie anders as om weer aan Buurvrou te dink nie. Hartseer, vasgevang in daardie lyf. En ek dink aan die raad van Mary Quant, Britse mode-diva van die sestigs en die vrou wat deur baie gesien word as die ontwerper van die mini en sogenaamde “hot pants”. Buurvrou, luister tog wat Mary sê: “Risk it, go for it. Life always gives you another chance, another go at it. It’s very important to take enormous risks.”
Vergeet van die Chinese. Bevry jou van jou lyf.
Tot volgende week,
www.incontext.co.za
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.