Bevry jouself van spanning

Die lewe kan soms met ons weghol sonder dat ons dit eens besef. Tussen werkslewe en gesinsverantwoordelikhede voel ons soms asof alles buite beheer raak. Gee ’n treetjie terug. Haal diep asem en volg hierdie stappe om beheer terug te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soek die oorsake

Wat maak jou gespanne? Wat veroorsaak slegte spanningsreaksies? Om die oorsake van jou spanning te identifiseer is om die eerste tree te gee om spanning uit te sny. Ons raak gereeld so oorweldig dat alles spanningsvol voel – selfs die klein goedjies wat nie veronderstel is om so te wees nie. Stel vas wat die werklike oorsake van jou spanning is en ignoreer die res.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: 12 tekens wat wys dat jou depressie beter is

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Raak kalm

Jy jaag van vergadering tot vergadering en dan weer huis toe om vir die gesin kos te maak en tyd saam met hulle deur te bring … het jy enigsins tyd om stil te raak? Jy het dalk nie tyd nie, maar jy moet tyd maak. Neem ’n paar minute uit jou dag om weg van spanningsvolle situasies te kom en om net asem te haal en ’n blaaskans te neem.

Ontsnap

Dis nie altyd maklik nie, maar probeer om vir ’n naweek weg te gaan. Vat die pad, al is dit net ’n uur buite die stad en vir twee dae. Dit sal jou steeds die skoot energie gee wat jy nodig het.

Sou, kon, wou …

Jy moes hierdie doen, jy sou dit gedoen het, en jy wou dat gesê het … laat dit als gaan. Laat die goed gaan wat jy moes doen, maar nie by uitgekom het nie – dit dra net by tot jou spanningsvlakke en dis doelloos om heeltyd te dink aan dinge wat jy nie kan verander nie. Leer hoe om die goed wat jy nie gedoen het nie agter jou te sit en moenie jou daaroor kwel nie. Leer eerder om vorentoe te kyk en om beheer te neem oor wat jy werklik kan verander.

Lees ook: Eksamentyd: Hoe betrokke moet ouers wees?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.