Ons was ons hande ’n hele paar keer per dag en water het ’n dehidrerende effek op die vel en naels. As ons nie daagliks vir ons naels sorg nie, word dit gedehidreerd, bros en kan veroorsaak dat die rand van jou nael inwaarts buig. Soos ons liggame water nodig het om gesond te bly, so benodig ons naels ook vog. Dit is daarom baie belangrik om naelserums, olie, botter en rome te gebruik, of jy nou kunsnaels of natuurlike naels het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Jou naels groei in die gedeelte net agter jou naelvliesies; so wanneer jy produkte aanwend is dit belangrik om dit rondom hierdie area te doen sodat dit geabsorbeer kan word en die struktuur van jou nuwe nael wat vorm kan versterk. Naelserums (hulle is super hidrerend) moet nie net rondom jou naelvliesies aangewend word nie, maar ook onder die randjie van jou naels; dit maak jou naels meer buigsaam en keer dat dit kraak, split of tjip. En onthou produkte wat spesiaal vir jou naelvliesies bedoel is, word beter geabsorbeer as jou gewone handeroom, daarom is dit beter om nie net gewone handeroom aan jou naelvliesies te smeer nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.