kategorieë: Leef gesondGesondheid

Beveg so medisynetekorte, swak diens by staatsklinieke

Deur Salomé Delport. Foto: pexels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Medisynetekorte is veels te gereeld ’n probleem by ons staatsklinieke, sê Stop Stockouts, ’n gesamentlike diensprojek van Section 27, Médecins Sans Frontières (MSF), die Rural Health Advocacy Project (RHAP), Rural Health Doctors Association of Southern Africa (RuDASA), die Southern African HIV Clinician Society en die Treatment Action Campaign (TAC).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

En met goeie rede. In drie van ons nege provinsies het 53%-76% van die klinieke gereeld nie genoeg medikasie vir hul pasiente nie. Die drie provinsies is Gauteng, Vrystaat en Mpumalanga.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons moet van die wêreld se grootste epidemies van TB en MIV stuit. Voldoende medisynevoorrade vir hierdie toestande, asook vaksiene teen veral kindersiektes, behoort ’n nasionale prioriteit te wees. Waar baie mense net kla, het hierdie ses NROs Stop Stockouts begin, as beide ’n waghond en diensorganisasie wat die situasie aan die een kant monitor en aan die ander kant die haakplekke met medisynevoorrade uitsorteer.

En hulle vra dat jy help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Medisynevoorrade raak al minder

Daarby het die tekorte vererger. Selfs in die Wes-Kaap. Volgens die eerste 2013-verslag is probleme met voorrade by slegs 4% van klinieke ondervind, wat toe die beste vir die land was. Teen die tyd dat die derde verslag voltooi is, was daar medisynetekorte by 12% van Wes-Kaapse klinieke. Die situasie is nou verreweg die ergste in Gauteng (56%), die Vrystaat (53%) en Mpumalanga (74%).  Die meeste ander provinsies ervaar probleme by 20-40% van hul klinieke. Jy kan die volledige verslag hier lees.

Op die dag wat die derde opname gemaak is, is ’n gebrek aan voorrade by 864 klinieke aangemeld. Een in vier pasiënte is sonder medikasie huis toe gestuur, terwyl een in drie pasiënte met plaasvervangers huis toe gestuur is.

Die ander hoofprobleem (36%) was dat klinieke bloot nie genoeg voorrade gehad het nie. Pasiënte kon dus nie hul volle voorskrif vir die maand kry nie. In plaas daarvan het hulle tipies voorraad vir net ’n week of twee gekry. Hulle moes dus later terugkom – wat vir baie mense onmoontlik is. Party persone kan slegs een keer per maand by die kliniek uitkom, byvoorbeeld omdat hulle net een dag verlof per maand kan neem of nie vervoer het nie. Hulle bly dan bloot sonder medikasie. Hierdie kompromie is in elke geval ’n minder ideale oplossing want in die praktyk moet die kliniek die pasiënt twee keer sien: ’n dubbele werkslading.

Ons land bestuur van die wêreld se grootste MIV- en TB-programme. Die korrekte gebruik van medikasie is absoluut noodsaaklik om ’n epidemie te beëindig. In die meeste lande is die knelpunt eerder dat pasiënte nie noodwendig wil saamwerk nie.

Stop Stockouts sê dat die medisynetekorte grotendeels toegeskryf kan word aan swak bestuur van die logistieke ketting.

Hoe jy kan help om die medisynetekorte uit te wis?

Wat as jy of iemand wat jy ken by ’n kliniek of staatshospitaal kom en medisyne is uit voorraad?

Sit hierdie nommer dadelik op jou foon: 084 855 7867.
Dit is Stop Stockouts se nommer. Al wat jy moet doen, is om die naam te verskaf van die kliniek en die soort medikasie waarna jy soek. Hulle sal dit opvolg en oplossings daarstel sodat genoeg voorrade van noodsaaklike medisyne vir die publiek beskikbaar bly.

Jy kan bel, of ’n SMS, ’n WhatsApp of selfs ’n Please Call Me stuur. Jy kan ook kies om anoniem te bly.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

1 hour Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

8 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

8 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.