kategorieë: OuerskapJou lewe

Bestuur angs en stres in troeteldiere

Katte en honde, nes mense, kan stres en angs ervaar. Dit kan in verskeie stadiums van hul lewe voorkom as ’n gevolg van sekere traumas en gebeure. Om jou geliefde troeteldier deur die moeilike tye met medisyne, wat kalmerend is by te staan, behoort ’n belangrike deel van jou algehele versorgingsroetine te vorm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Waarom is dit raadsaam om ’n kalmerende pilletjie by jou troeteldier se roetine te voeg?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soos die einde van die jaar naderkruip, raak ons kalenders vol opwindende geleenthede, soos Guy Fawkes in November en Nuwejaarsvieringe in Desember. Hoewel hierdie feestelikhede vir heelwat vreugde in ons lewe sorg, kan dit ’n groot bron van stres en angs vir ons viervoetige metgeselle wees. Gelukkig is Bob Martin’s se Calmcare-reeks hier om jou troeteldier se stres en angs gedurende hierdie besige tye te help bestuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Diere kan verhoogde stresvlakke en angs ervaar wanneer hulle skielike harde geluide, vuurwerke en veranderinge in hul roetines moet trotseer. Hierdie situasies kan tot verskeie gedragsprobleme, soos ’n oormatige geblaf, vernietigende gedrag, bewerasies en rusteloosheid lei. Dit is belangrik om te weet dat as ’n hond- of katouer is dit jou verantwoordelikheid om na jou diere om te sien en seker te maak dat hulle gemaklik is, veilig voel en nie in situasies geplaas word wat vir hulle angswekkend is nie.

Om ’n kalmerende behandeling by jou troeteldier se welsynsroetine te voeg is ’n waardevolle stap om hul emosionele welstand, veral gedurende tye van stres en angs, te verseker. Dit behoort egter met verantwoordelike versorgingspraktyke aangevul te word wat jou troeteldier se gemak en geestesgesondheid eerste stel. Hierdie aspekte gaan hand aan hand, en hier is hoekom:

  1. Kalmerende pille, halsbande en druppels in die nek as ondersteunende maatreëls: Kalmerende tablette, halsbande en druppels in die nek soos Bob Martin se Naturals Calmcare kan ’n belangrike hulpmiddel wees om troeteldiere se stres en angs te help bestuur, of dit nou as gevolg van harde klanke en ’n onbekende omgewing of veranderinge in roetine is. Hierdie kalmerende hulpmiddels bied ’n gevoel van kalmte en ontspanning, wat die uitdagende situasie meer hanteerbaar vir jou troeteldier maak. Bob Martin se Calmcare kan vir diere op die kort of lang duur gegee word.
  2. Verantwoordelike sorg vir jou troeteldiere: Hoewel kalmerende hulpmiddels baie doeltreffend kan wees, gaan verantwoordelike sorg vir jou troeteldier ook daaroor om jou troeteldier se unieke behoeftes en voorkeure te verstaan en te respekteer. Dis baie belangrik om hierdie situasies te herken wat stres of angs in jou viervoetige vriend kan sneller, en om stappe te neem om dit te voorko, of versag indien moontlik.

  • Ken jou dier: Een van die fundamentele aspekte van verantwoordelike troeteldiersorg is om jou dier se gemoedstoestand en voorkeure te verstaan. Nes mense het troeteldiere elkeen hul eie individuele persoonlikhede, en sommiges mag sensitiewer vir seker stimuli wees as ander. Byvoorbeeld: As jy weet jou hond hou nie van skares en harde klanke nie, is dit noodsaaklik om jou aktiwiteite daarvolgens te beplan.
  • Voorkom hoëstressituasies: As jou troeteldier nie hou van skares en raserige omgewings nie, oorweeg dit om alternatiewe reëlings te tref. Pleks daarvan om hulle na besige plekke, restaurante en partytjies te neem, kies eerder stiller en diervriendeliker omgewings. Hierdie proaktiewe benadering kan onnodige stres en ongemak vir jou viervoetige metgesel uitskakel.
  • Skep veilige ruimtes: Vir veral angstige troeteldiere, verrig dit wondere om ’n veilige en bekende omgewing by die huis te skep. Deur ’n gemaklike en stil ruimte te bied waarheen hulle kan gaan wanneer hulle oorweldig is, maak dit vir hulle moontlik om hulleself te troos en stres te verminder.
  • Kombineer sorg en kalmerende medisyne: Wanneer jy verantwoordelike sorggewoontes vir jou troeteldier met die gebruik van kalmerende hulpmiddels soos Bob Martin Calmcare kombineer, neem jy ’n omvattende benadering tot jou troeteldier se emosionele welstand. Kalmerende tablette, halsbande en druppels in die nek kan ’n ekstra lagie ondersteuning gedurende onvermybare stressors bied, maar om jou dier se blootstelling aan die stressnellers te verminder is net so belangrik.

Bob Martin glo dat dit net so belangrik is om na jou troeteldier se geestesgesondheid om te sien as om vir hul fisieke gesondheid te sorg, en dit gaan met ’n veelvlakkige benadering gepaard. Terwyl kalmerende hulpmiddels ’n waardevolle instrument is om in jou troeteldier se sorg-boksie te hê, beteken verantwoordelike troeteldiereienaarskap dat jy jou troeteldier se behoeftes moet verstaan, stresvolle situasies waar moontlik moet vermy en koesterende en ondersteunende omgewings vir hulle moet skep.

Deur hierdie stappe te neem, kan jy seker maak dat jou viervoetige metgesel ’n gelukkige en stresvrye lewe lei, met stertjies wat swaai. Bob Martin se Calmcare-reeks gaan nie net daaroor om stres tydens die vakansieseisoen te bestuur nie; die oplossing geld vir die hele jaar vir diere wat met angs in verskeie situasies sukkel. Of jou hond nie van donderstorms hou nie of jou kat tydens motorritte senuweeagtig raak, is hierdie produkte so ontwerp om jou troeteldier gemakliker te laat voel.

Meer oor Bob Martin se Calmcare-reeks:

Naturals Calmcare: ’n Holistiese, natuurlike oplossing: Bob Martin se Naturals Calmcare span die krag van valeriaan, laventel en roosmaryn in om ’n omvattende oplossing te bied om stres en angs in diere te bestuur. Deur streshormone te verminder en ’n gevoel van goeie welstand te bevorder, help dit vir ’n rustiger troeteldier met meer selfvertroue.

Voordele op die lang duur

Behalwe vir die onmiddellike verligting van stres, kan Naturals Calmcare ook help om onderliggende gedragsprobleme te hanteer. Deur jou troeteldier die emosionele ondersteuning te bied wat hulle nodig het, dra dit tot hul algehele gesondheid en geluk by, wat ’n harmonieuse verhouding tussen jou en jou geliefde metgesel verseker.

Lees ook: Hoekom jou hond jou beste oefenmaat is

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters

Bak hierdie koekies vir die vakansiekoekblikke. Die hawermout verlaag die GI van die koekies sodat…

20 hours Gelede

Word die ‘miljoenrandvraag’ dié lente op kykNET beantwoord?

Is dit ’n kwessie van “heerlike lente” vir vasvraprogram-foendies wanneer Wie word ’n Miljoenêr? in…

20 hours Gelede

14 redes hoekom jy sleg slaap en wat jy daaraan kan doen

Dis somer, en nou slaap jy nog slegter. Wat alles kan jou wakker hou, en…

1 day Gelede

Ateljeenessies – hoe om die meeste uit jou klein spasie te kry

Daar is uitdagende ontwerpe en dan is daar die uitdaging van ’n ateljee-woonplek! Hoe pas…

2 days Gelede

Marinda Engelbrecht se tjipshoender

Haar resepteboek Marinda se koskas bevat resepte vir lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan…

2 days Gelede

‘Een keer om die son’: Tekens dat jou maat dalk ontrou is

In vanaand se episode van Een keer om die son soek Ruan antwoorde by Lani…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.