#rooirosewenke
- Begin sowat ’n week voordat jy ’n selfverbruiningsproduk aanwend om jou lyf te skrop en te bevogtig omdat ’n droë vel ’n streperige resultaat sal gee.
- Hoe meer jy die produk meng en vryf, hoe beter is die kanse dat jy dit egalig aanwend.
- Maak seker die selfverbruiningsproduk is in jou vel getrek voordat jy jou klere aantrek. Maak ook seker jy dra los klere.
- Gebruik ’n afskilferaar om jou vel weer “skoon” te kry wanneer die produk begin afgaan.
- Bevogtig jou vel gereeld sodat die produk langer hou.
Caribbean Tan
- Skilfer jou vel af voor jy in die stort klim. Gebruik ’n borseltjie of handskoen en vryf jou vel in ’n sirkulêre beweging.
- Na jy jou vel afgeskilfer het, kan jy jou beenhare skeer. Die skeermes verwyder dooie velletjies en sal jou vel nog sagter laat ,wat beter resultate sal verseker.
- Onthou om droë areas soos jou elmboë, kniee en enkels te bevogtig. Jou selfverbruiningsproduk gaan langer hou wanneer jou vel sag en gesond is.
- Dit is baie belangrik om jou vel genoeg tyd te gee om asem te haal wanneer jy klaar afgeskilfer, geskeer en bevogtig het. Wag ten minste ses uur voor jy die selfverbruiningsproduk aanwend.
- Maak seker jy kies die regte kleur wat by jou vel pas. ’n Kleur wat te donker is teen jou natuurlike kleur gaan veroorsaak dat jy soos ’n Oros-mannetjie lyk en nie soos ’n Griekse godin nie … Besoek Caribbean Tan op Facebook
Vita Liberata
Mylene Wait, besturende direkteur van Vita Liberata in Suid- Afrika, se wenke vir die beste “glansende voorkoms” op die strand en langs die swembad is:
- Berei jou vel voor deur genoeg groente en vrugte te eet en genoeg water te drink. Skilfer ook jou vel af deur die Vita Liberata Mitt (R150) te gebruik.
- Jy hoef nie die produk in te smeer wanneer jy dit aanwend nie. Jy is nie ’n meubelstuk nie en die produk is so ontwerp dat dit self in jou vel sal intrek. Die produk werk ook die beste wanneer jy dit in sirkulêre bewegings aanwend.
- In voue, soos die areas om jou knieë en elmboë, sal die produk die beste werk as jy die spesifieke areas ’n uur voor die tyd bevogtig. Vee ook na die tyd jou kneukels, knieë en die agterkant van jou hand met ’n nat lappie af sodat dit meer natuurlik lyk. Die vel op hierdie areas is gewoontlik droër en gaan donkerder lyk indien jy dit nie afvee nie.
- Indien jy nie ’n aanwendingslappie of handskoen het nie, kan jy ook jou onderlaagborseltjie of ’n sagte sponsie gebruik om die produk aan te wend.
- Wend die produk egalig aan. Begin altyd eers met jou gesig en dan maak jy seker dat jy dit oral op jou lyf egalig aanwend. Na jou gesig is dit beter om met jou arms, bors en dan jou bene voort te gaan. Onthou, hoe minder van die produk jy gebruik, hoe natuurliker gaan die verbruining vertoon.
Skinny Tan
- Moenie enige deodorant, parfuum of olie aansit voor aanwending nie. Verkieslik ook nie gedurende die ontwikkelingsperiode nie.
- Skeer of waks 24 uur voor aanwending.
- Skilfer jou vel af gedurende ’n bad of stort voor aanwending.
- Bevogtig droë probleemareas soos jou enkels, knieë en elmboë ’n goeie rukkie voor aanwending sodat bevogtingsroom goed geabsobeer is.
- Smeer die produk eerstens op die groter dele van ledemate en smeer dan die oorblyfsels liggies met jou hande/handskoene oor die probleemareas. Jy kan altyd weer probleemareas opkikker indien dit te lig na jou smaak ontwikkel het. skinnytan.co.za