Somer is hier en dit beteken mooi voete in mooi sandale. Daar is baie interessante elemente om van te kies, soos pom-poms en tossels. Die nuwe sandale is ook kleurvol en speels. Die platforms met dik bande is nog steeds hoogmode, maar moenie sandale met dun bandjies, veral dié met ’n griekse geïnspireerde styl, afskryf nie. Hier is ons gunstelingsandale vir die seisoen.