kategorieë: ReisOntspanning

Beste plekke vir “High Tea” in Kaapstad

Kyk gerus na die plekke wat ons aanbeveel. Dit strek van Chapman’s Peak tot Constantia Heights.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die 12 Apostels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie pragtige hotel, geleë onder Tafelberg, spog met ’n ononderbroke uitsig oor die Atlantiese Oseaan en gee jou daardie buite-die-stad.

Geniet ’n tee-skinkbord vir twee wat tradisionele ligte happies, toebroodjies, delikate gebak en vars gebakte skons insluit. Jy kan selfs bederf word met die bakkers se nuutste kreatiewe uitvindings soos lemoengegeurde kolwyntjies gedoop in ganache of rooi makrolletjies gevul met sjokolade en aarbeimousse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoeveel kos dit? R245 per persoon
Tye: Maandag tot Sondag, 10:00 – 16:00
High Tea-Buffet: Saterdag 12:00-16: 00 en Sondag 14:00 – 16:00
Kontak: 021 437 9000 of restaurants@12apostles.co.za
Waar: Victoriaweg, Kampsbaai

Cup & Cake

Hierdie pragtige plekkie by Eden on the Bay verseker dat jy die beste gebak, tee, koffie en diens kry. As jy by dié knus kafee instap, voel dit asof jy in ’n sjiek, rustieke plaaskombuis is. Hoewel hulle nie amptelik ’n “High Tea”-spyskaart het nie, skep die verligte glaskaste ’n middagtee-ervaring met fyngebak en lekkernye soos Italiaanse cannoli’s met vars ricotta-vla-en-klapperkoek, suurlemoenmeringue, sowel as die gewilde Oreo-kolwyntjie-en-dieretuin-koekie-melkskommels.

Die teepotversameling is, soos Cup & Cake self, enig in sy soort. As jy tee bestel, voel dit asof jy in ’n herehuis in die skilderagtige Engelse platteland sit.

Sodra jy klaar is, kan jy rustig langs die promenade afstap en die golwe en uitsig geniet.

The One & Only, Kaapstad

Sodra jy instap, besef jy gou hierdie plek het hul eie manier van dinge doen. Middagtee is gewoonlik georganiseerd en word in samewerking met die fantastiese koffieplek, Truth Coffee aangebied. Die spyskaart word gewoonlik met spesifieke koffiegeure gekombineer wat beide die unieke koffie en fyngebak komplimenteer.

Lees ook: Die wêreld se beste koffiewinkel in Kaapstad

Jy kan tradisionele gunstelinge soos swartwoudkoek, suurlemoenmeringue, koeksisters sowel as karamel-en-goue-eclairs, teebroodjies, makrolletjies, tee-toebroodjies en fyn karamelmelk-skons verwag. Jy kan selfs aarbeie in ’n verskeidenheid gesmelte Lindt-sjokolade doop. Wees op die uitkyk vir hul tema-geleenthede!

Hoeveel kos dit? Naweek-oggendete is R195 en middagete is R295
Ted: Maandag tot Sondag tussen 14:30 en 17:30
Kontak: 021 431 4511 of restaurant.reservations@oneandonlycapetown.com
Waar: The One & Only, Dock Weg, V & A Waterfront.

Belmond Mount Nelson

Die Belmond Mount Nelson is welbekend vir die beste gehalte High Tea by toeriste en Suid-Afrikaners. Gaste voel hulle word in ’n tydmasjien teruggevoer na die luukse weelde van ’n vorige era van die hotel. Dit word of op die terras of in die sitkamer bedien.

Die ligpienk hotel lê grasieus agter die bekende wit pilare. Jy word begroet met elegansie, swierige kandelare, ingelegde plafonne, gemaklike leuenstoele en pragtige antieke meubels.

Jy kan ’n verskeidenheid eksotiese tee-versnitte beproef. Die hotel bied ook hul eie versnit aan, wat gemaak word van roosblare uit die gevestigde tuin. Die teepotte self is ’n plesier.

Hoeveel kos dit: R295 per persoon (spesiale pryse vir spesiale geleentheidsdae)
Tye: Maandag tot Sondag tussen 13:30 en 15:30 en 15:30 en 17:30
Kontak: 021 483 1000 of reservations.mnh@belmond.com
Waar: Orangestraat 76, Tuine

The Cellars-Hohenort

Geniet ’n middagtee wat jou nie uit jou nate sal laat bars nie. Hierdie teesessies by The Cellars-Hohenort in Constantia sorg dat jy die kalorieë dophou met ’n goedkeurende kopknik van professor Tim Noakes omdat hulle gesonder plaasvervangers gebruik.

Verwag happiegrootte donkersjokolade-en-beet-kolwyntjies, krakerige Viëtnamese ryspapier-rolletjies met ’n doopsous, vars vrugte op suikervrye Pavlovas en rooipeper-en-bokmelkkaas-tertjies, om net enkeles te noem.

Moenie ry sonder dat jy deur die pragtige tuine en laning van eeuoue kamferbome gestap het nie. ’nn A la carte High Tea is ook daagliks tussen 11:00 en 17:00 beskikbaar.

Hoeveel kos dit? R195 per persoon
Tye: Maandag tot Sondag tussen 15:00 en 17:00
Kontak: 021 794 2137 (Top High Tea Spots in Cape Town)

Lady Ann-middagete by The Vineyard Hotel

Vir ’n rustige en ontspanne atmosfeer, gaan drink tee by The Vineyard Hotel. Die Lady Ann-middagtee kan geniet word saam met die pragtige uitsig oor Tafelberg.

Die tee sluit ’n verskeidenheid miniatuurkoeke, gebak, toebroodjies en smulhappies in. Na die tee kan jy oor die pragtige grasperke wandel waar skilpaaie jou dikwels begroet.

Hoeveel kos dit? R165 per persoon
Tye: Maandag tot Sondag tussen 15:30 en 17:30
Kontak: 021 657 4500 of eat@vineyard.co.za
Waar: Colintonweg (af Proteaweg), Nuweland

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.