Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Genoeg vir 6
Skep die melkkos in ’n warmfles en strooi net die kaneelsuiker oor voor julle dit sommer uit blikbekers drink. Warm en koesterend.
• 2 liter volroommelk
• 2 heel kaneelstokkies
• 3 kardemompeule
• 3 steranysade
• 375 ml (1½ k) bruismeel
• 15 ml (1 e) botter
• 45 ml (3 e) sagte bruinsuiker
• 2,5 ml (½ t) sout
Kaneelsuiker
125 ml suiker met 10 ml fyn kaneel gemeng.
Instructions
1 Gooi die melk in ’n groot kastrol, voeg die kaneel, steranys en kardemom by en verhit tot kookpunt. 2 Sif intussen 250 ml (1 k) van die bruismeel en die sout saam in ’n mengbak. Werk die botter saggies met jou vingerpunte by die meel in. 3 Hou die meelmengsel onder ’n druppende kraan en vorm groot frummels met jou vingerpunte. Moenie oorwerk nie. 4 Skuif die frummels eenkant toe en vat elke keer nuwe meel van die kante van die bak tot al die meel opgebruik is. 5 Meng die res van die meel (125 ml / ½ k) deur die frummels so-dat dit liggies met meel bedek is. 6 Voeg die frummels en suiker by die warm melk en kook vir 5-10 min. Roer heeltyd anders brand dit vas. Sit ’n deksel op en sit vir sowat 3 uur in ’n warm oond sodat die melkkos kan verdik. 8 Gooi in warmflesse en pak in vir die piekniek. Strooi die kaneel-suiker net voor opdiening oor.