Beste melkkos. Deur Vickie de Beer. Foto deur Lee Malan
1 Gooi die melk in ’n groot kastrol, voeg die kaneel, steranys en kardemom by en verhit tot kookpunt. Beste melkkos
Ingredients
Instructions
2 Sif intussen 250 ml (1 k) van die bruismeel en die sout saam in ’n mengbak. Werk die botter saggies met jou vingerpunte by die meel in.
3 Hou die meelmengsel onder ’n druppende kraan en vorm groot frummels met jou vingerpunte. Moenie oorwerk nie.
4 Skuif die frummels eenkant toe en vat elke keer nuwe meel van die kante van die bak tot al die meel opgebruik is.
5 Meng die res van die meel (125 ml / ½ k) deur die frummels so-dat dit liggies met meel bedek is.
6 Voeg die frummels en suiker by die warm melk en kook vir 5-10 min. Roer heeltyd anders brand dit vas. Sit ’n deksel op en sit vir sowat 3 uur in ’n warm oond sodat die melkkos kan verdik.
8 Gooi in warmflesse en pak in vir die piekniek. Strooi die kaneel-suiker net voor opdiening oor.
Lees ook: