Jy kan ook heerlike kaasbroodjies met die aartappelbrood maak.
- Meng 200 g gerasperde, beleë cheddar (omtrent 2 k) met 10 ml (2 t) Dijon-mosterd, 2 eiergele, 60 ml (¼ k) bier en 5 ml (1 t) koekmeel.
- Skakel die oondrooster aan.
- Sit 4 groot broodsnye op ’n bakplaat en bedek met die kaasmengsel.
- Sit die broodjies vir 5 minute onder die oondrooster tot die kaas gesmelt is. Hou mooi dop!
- Eet die warm kaasbroodjies saam met piekels en mosterd en yskoue bier.