Genoeg vir 8
750 g PnP Beesmaalvleis
200 g chorizowors, fyn gekap
10 ml (2 t) gerookte paprika
5 ml (1 t) sout en gemaalde swartpeper
60 ml (1/4 k) PnP Ekstra Suiwer Olyfolie
Gekaramelliseerde uie
60 g PnP Botter
5 PnP Uie, dik gesny
15 ml (1 e) PnP Bruinsuiker
8 Ciabattarolletjies
30 ml PnP Engelse Mosterd
4 PnP Tamaties, gesny
1 PnP Rooi-ui, dun gesny
80 g PnP Watercress en Rocket-mengsel
1. Meng die maalvleis, chorizo en gerookte paprika en geur met sout en swartpeper.
2. Verhit intussen die botter in ’n groot pan oor matige hitte. Braai die uie vir 10 min. daarin. Voeg die bruinsuiker by en karamelliseer vir nog 5-10 min.
3. Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte. Vorm groot frikkadelle met die maalvleis en druk effe platter met jou handpalm. Vryf die olyfolie oor die burgers. Braai vir 8 min. aan elke kant of tot goudkleurig en gaar.
4. Sit die burgers op die broodrolletjies saam met Engelse mosterd, tamatie, rooi-ui, slaaiblare en gekaramelliseerde uie.