Bestanddele
Granaatslaaisous
- 180 ml (¾ k) avokado-olie
- 20 ml balsemiekasyn
- 5 ml (1 t) gekapte knoffel
- 15 ml (1 e) bruinsuiker
- ’n hand vol gekapte pietersielie
- 30 ml (2 e) granaatpitte
- 375 ml (1 ½ k) nat biltongskyfies
- 100 g bloukaas, in klein stukke gebreek
Slaai
- 2 lemoene, geskil en in skyfies gesny
- 250 g aarbeie, middeldeur gesny
- 80 ml (1/3 k) granaatpitte
- 6-8 baba-bete, gaar en middeldeur gesny
- ’n hand vol baba-kruie- en radiccioblare
- ’n hand vol roketblare
Metode
- Meng al die bestanddele vir die sous en hou eenkant.
- Meng die biltong en 30 ml (2 e) van die granaatslaaisous.
- Pak die res van die bestanddele op ’n bord en gooi die biltong by.
- Sit voor saam met die res van die slaaisous.