Serves:Genoeg vir 1 groot bessietert met deeg oor.Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Basiese soet deeg
Een maklike soet deeg vir drie lekker idees. Ons het die deeg twee keer gemaak vir al ons piekniektertjies. Die deeg vries ook baie goed. (Resep uit “Bakes” deur Tina Bester)
• 225 g botter
• 200 g strooisuiker
• 2 groot eiers
• 500 g meel
Bessietert
Genoeg vir 1 tert van 27 cm
• 180 ml suiker
• 35 ml mielieblom
• knypie sout
• 1 kg vars bessies, soos ontpitte kersies, aarbeie, frambose en bloubessies, opgesny
• 60 ml Amaretto (amandellikeur) of brandewyn
• 30 ml uitgedrukte sap van 1 suurlemoen eierglaseersel
• 1 eier en ’n knypie sout, liggies geklop
Instructions
Basiese soet deeg
1 Meng die botter en suiker goed in ’n voedselverwerker. Voeg die eiers een vir een by terwyl die masjien aan is. 2 Voeg die meel by en meng tot dit net begin bymekaarkom. Keer op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit. 3 Druk die deeg met jou hande bymekaar en vorm in ’n plat skyf. 4 Draai goed toe met kleefplastiek en laat vir 30 min. in die yskas rus. (Jy kan die deeg ook in die stadium vries.)
Bessietert
Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Meng die suiker, sout en mielieblom in ’n middelslagbak. 2 Voeg die res van die bestanddele by en meng deur. Laat staan eenkant. 3 Rol die deeg dun uit op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak. 4 Voer ’n 27 cm-tertpan met die deeg uit. Prik die boom. Druk die res van die deeg bymekaar, rol weer uit en sny die deeg in stroke van 2 cm, lank genoeg om oor die pan te pas. 5 Skep die bessievulsel in die tertpan en pak die deegstroke in ’n weefpatroon op die tert. Smeer goed met eierglaseersel. 6 Bedek die buiterand van die tert met stroke foelie en bak vir 15 min. Haal die foelie af en bak vir nog 10-15 min. tot goudbruin.