kategorieë: KosNagereg

Bessie-rolpoeding

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 125 ml (½ k) botter
  • 2 eiers, geklits
  • 125 ml (½ k) melk
  • 125 ml (½ k) tuisgemaakte aarbeikonfyt
  • 200 g (hand vol) aarbeie, in skyfies gesny

Sous

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 375 ml (1 ½ k) kookwater
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 30 ml (2 e) botter

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Sif koekmeel en bakpoeier saam in ’n groot mengbak. Vryf die botter met jou vingerpunte in. Voeg die eiers by die melk en voeg stadig by die meel. Roer om ’n stywe deeg te vorm.
  2. Rol die deeg op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit. Probeer dit redelik dun uitrol in ’n vierkant van sowat 30 cm x 30 cm. Smeer die konfyt oor en strooi die aarbeie oor. Rol netjies op en knyp die punte met jou vingers toe. Sit in ’n bak.
  3. Meng die bestanddele vir die sous. Gooi oor die poeding en bedek met foelie. Bak vir 1½ uur. Bak die poeding vir die laaste 20 min. sonder die foelie. Sit warm voor met ekstra vars bessies.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge!

    Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier!     Modern 14 F13MG      Kleinhandelaar:…

2 hours Gelede

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

22 hours Gelede

5 vinnige visresepte vir aandete

Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…

1 day Gelede

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

4 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.