Genoeg vir 6
Bestanddele:
- 500 ml (2 k) koekmeel
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 125 ml (½ k) botter
- 2 eiers, geklits
- 125 ml (½ k) melk
- 125 ml (½ k) tuisgemaakte aarbeikonfyt
- 200 g (hand vol) aarbeie, in skyfies gesny
Sous
- 375 ml (1 ½ k) kookwater
- 250 ml (1 k) suiker
- 30 ml (2 e) botter
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Sif koekmeel en bakpoeier saam in ’n groot mengbak. Vryf die botter met jou vingerpunte in. Voeg die eiers by die melk en voeg stadig by die meel. Roer om ’n stywe deeg te vorm.
- Rol die deeg op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit. Probeer dit redelik dun uitrol in ’n vierkant van sowat 30 cm x 30 cm. Smeer die konfyt oor en strooi die aarbeie oor. Rol netjies op en knyp die punte met jou vingers toe. Sit in ’n bak.
- Meng die bestanddele vir die sous. Gooi oor die poeding en bedek met foelie. Bak vir 1½ uur. Bak die poeding vir die laaste 20 min. sonder die foelie. Sit warm voor met ekstra vars bessies.