Deeg
1 Meng 225 g botter, 200 g strooisuiker, 2 groot eiers en 500 g meel in ’n voedselverwerker tot ’n bal deeg vorm.
2 Rol liggies tussen twee lae bakpapier uit en sit vir minstens 1 uur in die yskas. Voorverhit die oond tot 180 °C.
3 Rol die deeg ’n ½ cm dik in ’n reghoek uit en sit op ’n bakplaat.
4 Meng 1 eiergeel en 30 ml (1 e) room en smeer oor die deeg.
5 Strooi 100 g gevlokte amandels oor.
6 Bak vir 20-30 min. tot goudkleurig en gaar. Laat afkoel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Bessiebolaag
7 Meng groot hande vol kersies, frambose, aarbeie en bloubessies met 30 ml suiker en die uitgedrukte sap van 1 suurlemoen.
Sjokoladebolaag
8 Sit 250 g mascarpone en 100 g gekapte witsjokolade in ’n glasbak oor ’n kastrol met kokende water en smelt oor lae hitte.
9 Werk versigtig, want dit skif maklik, roer eers wanneer alles afgesmelt is. Laat afkoel.
10 Sit vir 30 min. in die yskas. Klits met ’n klitser 150 ml dubbeldikroom by.
11 Rasper die skil van 2 lemmetjies by.
Opdiening
12 Skep die witsjokoladebolaag op die tert gevolg deur die bessies en tooi met kruisementblare.
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.