500 g (so 2 hande vol) bessies, soos aarbeie (gesny), bloubessies, frambose en moerbeie
30 ml (2 e) gelatienpoeier
hand vol vars bessies vir opdiening
dubbeldikroom
Instructions
1 Voer ’n broodpannetje of terrienvorm van so 25 cm x 10 cm met ’n diepte van 7 cm met kleefplastiek uit – die plastiek moet groot genoeg wees om oor die sye te hang.Maak die plastiek nat sodat jy dit so glad moontlik kan trek. Vee of trek die plastiek glad voor jy die vonkelmengsel ingooi. 2 Spons die gelatien vir ’n paar minute in ’n bietjie water. Verhit die vonkelwyn en suiker in ’n kastrol. Roer tot die suiker opgelos is. 3 Smelt die gelatien vir 20-30 sek. op die ontvriesstelling in die mikrogolfoond. Voeg in ’n dun straaltjie by die vonkelwyn en roer tot alles gesmelt is. Haal van die hitte af. 4 Gooi ’n lagie van die vonkelwynmengsel in die pannetjie en sit in die yskas sodat dit kan set (dit behoort nie langer as 15 min. te duur nie). Hou die res van die vonkelwynmengsel effens warm oor ’n bak met warm water. 5 Sodra die eerste lagie geset is, kan jy die pannetjie vol bessies pak. Gooi van die vonkelwynmengsel oor tot die bessies daarmee bedek is. Sit weer in die yskas tot geset. Hou die res van die vonkelwynmengsel effens warm oor ’n bak met warm water. 6 Sodra dit geset is, kan jy met nog ’n lagie vonkelwynmengsel eindig. Laat set vir ’n paar uur voor jy dit uitkeer. Sit met nog vars bessies en dubbeldikroom voor.