kategorieë: Ons menseBekendes

Bespreek nou dadelik jou kaartjies vir Poppie Nongena wat op 31 Januarie 2020 begin draai

Bespreek nou dadelik jou kaartjies vir Poppie Nongena inligting en foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Besprekings vir die erfenisrolprent Poppie Nongena, wat landswyd in teaters te sien sal wees vanaf 31 Januarie 2020, het geopen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die rolprent het die gehoor behoorlik betower tydens die amptelike première verlede week in Johannesburg, en het gelei tot ‘n spontane applous na afloop daarvan. Talle fliekgangers was in trane oor die spel én die emosie wat op die silwerdoek uitgebeeld is.

Lees ook: Ontmoet die rolverdeling van Poppie Nongena

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die rolprent is gebaseer op ‘n ware verhaal wat vertel is in die roman Die swerfjare van Poppie Nongena, ‘n boek wat beskou word as een van die beste romans uit Afrika in die twintigste eeu.

Lees hier om meer uit te vind oor Elsa Joubert.

Clementime Mosimane (Soul City, The Wild) vertolk die rol van Poppie, teenoor Anna-Mart van der Merwe (Die Storie van Klara Viljee, Kanarie), veteraan-akteurs Chris Gxalaba (Long walk to freedom, The Crown, ER, Mandela en De Klerk), Rolanda Marais (Trackers, Wolwedans in die Skemer, Binnelanders, Out on a Limb), Dawid Minaar (Torings, Fiela se Kind, Nag van die 19de, 7de Laan, Amalia) en Lida Botha (Invictus, Susters, Windprint, Pad na jou Hart, Die Boekklub, Hollywood in my Huis).  Nomsa Nene, wat die rol van Poppie vertolk het in die destydse internasionale verhoogproduksie Poppie, speel Poppie se ma in die rolprentweergawe.

Lees ook: Agter die skerms van Poppie Nongena

Poppie Nongena vertel die verhaal van ‘n Afrikaanssprekende Xhosa-vrou en ma. Haar lewe draai om pogings om stabiliteit vir haar gesin te verseker nadat owerhede haar tot ‘n onwettige inwoner van haar eie land verklaar het. Die rolprent beeld haar stryd uit om toestemming te kry om te mag bly, die rondtrekkery tussen verskillende huise, aansoeke vir permitte en verlengings van permitte en hoe sy op elke moontlike manier probeer het om net by haar kinders te mag bly.

Lees ook: Poppie Nongena se kragtige boodskap vir Suid-Afrika

Poppie is deurentyd in die spervuur, vasgevang tussen haar kinders se behoeftes, haar man se siekte, die gemeenskap se woede en onderdrukkende wette, en word uiteindelik tot oorgawe gedwing net toe die 1976-onluste uitbreek.

Lees ook: Poppie Nongena slaan 12 pryse los by die Silwerskermfees

Die bekroonde dramaturg en draaiboekskrywer Christiaan Olwagen was die regisseur en Vicci Turpin  die kinematograaf. Olwagen se vorige werk sluit die hoogs aangeskrewe Johnny is nie dood nie, Die Seemeeu en Kanarie in.

Lees ook: Agter die skerms van ons voorbladfotosessie met Anna-Mart en Rolanda

Die rolprent se invalshoek is baie persoonlik. “Hoewel dit handel oor ‘n lewe van stryd, is dit vol humor, hoop, teerheid en vermaaklike insigte. Dit bied ‘n blik op ‘n tyd in die geskiedenis waaruit almal van ons baie kan leer,” sê die vervaardiger Helena Spring. “Poppie se uiters persoonlike ervarings, haar diepgewortelde liefde vir haar man, haar liefde vir haar kinders en haar formidabele innerlike krag sal oud en jonk inspireer. Sy put betekenis en inspirasie uit die moeilikste oomblikke van haar lewe.” Spring het onlangs onderneem om die rolprent te gebruik om ‘n verskil in die lot van vroue te maak.  “Ek sal 10 % van die vervaardiger se winste uit die rolprent skenk aan organisasies wat hulle beywer om geslagsgeweld in Suid-Afrika te beëindig,” het sy gesê.

Poppie Nongena se storie is ‘n kragtige verhaal wat ‘n interessante blik plaas op medemenslikheid in ‘n onmenslike stelsel” het Karen Meiring, M-Net: Direkteur kykNET-kanale, gesê.

Poppie Nongena is moontlik gemaak deur die ondersteuning van kykNET, M-Net, Die Departement van Handel en Nywerheid en Arco Venture Capital.

Bespreek nou jou kaartjies

Klik hier om jou kaartjies vir Poppie Nongena te bespreek.

Loer hier na die pragtige première-foto’s van Poppie Nongena

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

6 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

6 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

6 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

6 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.