kategorieë: Ontspanning

Bespreek kaartjies vir Afrikaans is Groot en WEN ‘n Mauritius-vakansie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

AFRIKAANS IS GROOT (AiG) is die grootste en gewildste Afrikaanse musiekkonsertreekse in die land.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jaarliks stroom duisende musiekliefhebbers na uitverkoopte vertonings om hul gunsteling-sterre in aksie te sien… en nou is daar nóg ’n goeie rede om ’n kaartjie te koop!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die plaaslike reisagentskap, WORLD LEISURE HOLIDAYS (WLH), is vanjaar een van die borge van hierdie gesogte geleentheid en het, om dinge nog meer opwindend te maak, besluit om nege gelukkige kaartjiehouers met ’n vyfster vakansie in Mauritius te bederf.

“Dit is vir ons ’n groot voorreg om deel te wees van Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse musiekkonsertreeks. Dit is ’n jaarlikse hoogtepunt op die vermaakkalender en die grootste Afrikaanse konsert in die wêreld, waarmee ons onsself graag vereenselwig,” sê Elaine Durr, Bedryfsdirekteur van WLH.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

AiG vind plaas vanaf 8 tot 17 November 2024 by die SunBet Arena in Pretoria en tydens elkeen van die nege vertonings sal daar ’n trekking gehou en vakansie weggegee word.

“Mauritius is ’n heerlike plek om vakansie te hou en te ontspan. Dit is werklik vir ons ’n wonderlike voorreg om saam met World Leisure Holidays, ons nuwe borg, nege paartjies wat AiG gaan bywoon met ’n vyfster vakansie vir hulle lojaliteit te kan bederf,” deel Arnold Coleske, Besturende Direkteur van Coleske Artists.

Om in aanmerking te kom vir die kompetisie, moet konsertgangers ’n kaartjie koop en registreer vir WLH se nuusbrief.

Die prys sluit in:

·         ’n Week (7dae) se vakansie vir twee in Mauritius;

·         Hotelverblyf wat twee etes per dag insluit; en

·         Vervoer tussen die hotel en lughawe.

* Die prys moet binne ’n jaar gebruik word, is nie oordraagbaar nie en sluit nie vlugkoste in nie.

Kaartjieverkope open op 27 Maart 2024 om 10:00 op iTickets. Merk solank jou kalender deur die skakel te volg: https://bit.ly/AiG24Kalender.

Moenie hierdie kans op ’n ongelooflike konsert en (moontlike) vakansie deur jou vingers laat glip nie!

Lees ook: 10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

1 day Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.